Vandag se sportnuus

Rugby

  • Na die afgelope naweek se Curriebeker-wedstryde lyk die finale punteleer só:

Hokkie

Die Afrika-nasiesbeker begin Donderdag in Egipte en duur tot die 29ste Oktober. Suid-Afrika se vrouespan het reeds vir aanstaande jaar se wêreldbeker gekwalifiseer. Die Proteas se mansspan moet egter hierdie Afrika-nasiesbeker wen om vir die wêreldbeker te kwalifiseer.

Tennis

Op die jongste wêreldranglys staan sake só:

Op die vroue-ranglys is Simona Halep steeds eerste.

Motorwedrenne

Na afloop van die Moto GP van Japan is Marc Marquez nou net 11 punte voor Andrea Dovizioso

Krieket

  • Bangladesj speel môre teen Suid-Afrika in hul tweede Eendag-kragmeting. Suid-Afrika het die eerste wedstryd gemaklik met 10 paaltjies gewen.
  • Pakistan en Sri Lanka het gister in hul tweede eendagwedstryd in Abu Dhabi kragte gemeet.

Pakistan 219/9 (50 bb)

Sri Lanka 187 (48/50 bb)

Pakistan wen met 32 lopies en loop nou met 2-0 voor in die reeks.

  • Drie wedstryde word tans in die Sunfoil-meerdagreeks

Pietermaritzburg

Titans 205/2 (73.3 bb)

Dolphins

Kaapstad

Warriors 82/3 (28.3 bb)

Cape Cobras

Reën het spel beïnvloed.

Potchefstroom

Lions 308/4 (96 bb)

Knights

Gholf

  • Op die jongste gholfranglys is Dustin Johnson steeds die voorste speler in die wêreld.

  • Op die Vroue-ranglys is Suid-Afrika se Lee-Anne Pace 96ste.

Sokker

  • In die Eufa-kampioeneliga word daar vanaand agt wedstryde gespeel.
  • Een wedstryd is gisteraand in die Engelse Premierliga

Leicester City           1 – 1    West Bromwich Albion

Jongste punteleer:

 

  • Op die plaaslike front is die trekking gedoen vir die Telkom-uitklopreeks se laaste 16 spanne. Die twee Soweto-spanne, Orlando Pirates en Kaizer Chiefs, sal onderskeidelik teen KwaZulu Natal se Golden Arrows en AmaZulu te staan kom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.