Die Wêreldgholfkampioenskap se Putjiespeltoernooi in Austin, Texas, is voltooi.
Eindstryd:
Dustin Johnson 1 voor Jon Rahm
Uitspeel om die derde plek:
Bill Haas 2 & 1 Hideto Tanihara
En in die Amerikaanse Gholfreeks is die Puerto Rico Ope afgehandel.
Motorwedrenne
Die Australiese Formule 1 GP is gister in Melbourne gejaag. Lewis Hamilton het voor weggespring, maar kon net tweede eindig. Ferrari het vir die eerste keer in 10 jaar in Melbourne geseëvier.
Die Katar Moto GP is onder spreiligte in Doha afgehandel en die uitslae lyk so:
Moto 2:
Moto 3:
Tennis
By die Miami Ope het Japan se Kei Nishikori deurgedring na die laaste 16. Hy het Fernando Verdasco met 7-6, 6-7 en 6-1 geklop.
Toetskrieket
Dis dag 3 van die derde toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Hamilton.
SA 314/10 (89.2)
NS 321/4 (104)
In die vierde toets tussen Indië en Australië staan sake so ná dag 2.
Australië 300
Indië 248/6 (91 bb)
Teen uitskeityd was Indië met 52 lopies agter met 4 paaltjies staande.
T20-krieket
Eerste T20-wedstryd in Barbados
Wes-Indië 111/8 (20 bb)
Pakistan 115/4 (17.1/20 bb)
Pakistan wen met 6 paaltjies (17 balle oor)
En op die plaaslike front is die tweede en derde plek se uitspeelwedstryd in die Momentum-eendagreeks in Bloemfontein gister gestaak weens gevaarlike spelomstandighede. Die wedstryd sal vandag oorgespeel word. Die wenner sal Vrydag teen die Titans in die eindstryd speel.
Superrugby
Kom ons loer na Saterdag se uitslae:
Varsityrugby
Die laaste rondomtaliewedstryde word vanaand gespeel:
Veldloop
By die Wêreldveldloopkampioenskap het Kenia sake oorheers:
Sokker
Verskeie Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde is die naweek gespeel. Van die uitslae lyk so:
Portugal 3 – 0 Hongarye
België 1 – 1 Griekeland
Luxemburg 1 – 3 Frankryk
Bulgarye 2 – 0 Nederland