Die Proteas het in hul eerste Eendagkragmeting teen Engeland ʼn groot loesing gekry. Die tweede Eendagkragmeting word môre by die Rose Bowl in Southampton gespeel.
In ander internasionale wedstryde die naweek speel Australië vandag teen Sri Lanka. Môre meet Bangladesj en Pakistan kragte terwyl Indië en Nieu-Seeland mekaar Sondag pak.
Superrugby
Kom ons loer na die naweek se bepalings:
Intussen het die Bulls aangekondig dat John Mitchell voortaan in beheer van afrigtingsake by die Unie sal wees.
Motorwedrenne
Die Formule Een Grand Prix van Monaco word Sondag gejaag. Die voorloper in die Wêreldkampioenskapsreeks is Sebastian Vettel. Hy wat Vettel is, het die vinnigste tyd nog tydens gister se oefenrondes op die baan opgestel.
Die Indianapolis 500 word Sondag vir die 101ste keer gejaag. Dit word deur baie beskou as die grootste motorwedren in die wêreld. Die wedren begin om 12:19 die middag en sal oor 200 rondes beslis word.
Fietsry
Die Toer van Italië se 18de skof is gister gejaag.
Skof:
Tennis
In Genève is die kwarteindwedstryde gister gespeel. Van die uitslae lyk só: Stan Wawrinka het Sam Querrey met 4-6, 7-5 en 6-2 geklop. Kei Nishikori reken af met Suid-Afrika se Kevin Anderson. Die telling was 2-6, 6-4 en 7-6.
Gholf
In Amerika by die Dean & Deluca Uitnodigingstoernooi in Fort Worth is die eerste ronde afgehandel.
In Europa staan sake by die BMW PGA Kampioenskap op Wentworth in England só ná die eerste ronde.
Sokker
By Fifa se o.20-wêreldbekertoernooi in Suid-Korea lyk gister se uitslae só:
Nieu-Seeland 3 – 1 Honduras
Senegal 0 – 1 VSA
Ecuador 1 – 2 Saoedi-Arabië
Frankryk 4 – 0 Viëtnam
Vandag se bepalings:
In Suid-Afrika word die Nedbankbekereindstryd môre gespeel.
SuperSport United v Orlando Pirates Moses Mabhida Stadion 20:15