Die Britse en Ierse Leeus speel vandag die volgende wedstryd op hul toer deur Nieu-Seeland.
Junie
Die Springboksenter Jesse Kriel is fiks verklaar vir die Bokke se derde en finale toets teen Frankryk komende Saterdag in Johannesburg. Hy het die tweede toets as gevolg van harsingskudding misgeloop.
Die SA “A”-span wat Vrydag teen die Franse Barbarians speel, word môre bekend gemaak. Dié wedstryd word Vrydagaand om 20:00 in die Orlando-stadion gespeel. In die voorwedstryd sal die Bulle en die Lions 15-tal kragte meet.
Krieket
Die Proteas se toer deur Engeland word môre weer hervat met die eerste van drie T20-kragmetings. Die bepalings lyk só:
Krieket SA het die agt span-eienaars aangekondig vir die nuwe Suid-Afrikaanse T20-reeks wat in November vanjaar in Suid-Afrika gespeel gaan word. Net twee spanne het Suid-Afrikaanse eienaars.
Tennis
Dié week se aksie is by die Queensklub-kampioenskap in Londen. Van gister se uitslae lyk só:
- Die sesde gekeurde Gregor Dimitrov het maklik die eerste ronde oorleef en met 6-3 en 6-1 afgereken met Ryan Harrison.
- Op sy beurt het die vyfde gekeurde Jo-Wilfried Tsonga klaargespeel met Adrian Mannarino. Die telling was 6-2 en 6-2.
- Die eerste gekeurde Andy Murray asook die tweede gekeurde Stan Wawrinka sal vandag in aksie wees.
Gholf
Kom ons loer na die wêreldranglys ná afloop van die Amerikaanse Ope-gholftoernooi:
Netbal
Netbal Suid-Afrika het in ʼn verklaring die afgelope naweek se media-aantuigings van finansiële wanbestuur verwerp. NSA het ook gesê dat dié liggaam bereid is om saam te werk indien daar enige navraag is oor sy finansiële sake.
Motorwedrenne
In die Superfiets Wêreldkampioenskap staan sake só op die punteleer:
Sokker
Een Konfederasiebekerwedstryd is gister gespeel. Duitsland moes hard spook om Australië met 3-2 te klop.