Die VF Plus het die boete vir die omgewingsbesoedeling verwelkom. AfriForum ook, maar hy meen die betrokke verantwoordelike munisipale amptenare moes veel eerder persoonlik aanspreeklik gehou word vir die oortredings.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "AfriForum"
Mashatile se waterplan: Solidariteit, AfriForum ‘sal help, mits …’
Adj.pres. Paul Mashatile het in ʼn onderhoud met Sunday Times gesê die regering wil na boere, die vakbond Solidariteit en die burgerregte-organisasie AfriForum uitreik vir hulp ten einde ʼn volskaalse waterkrisis in die land te voorkom.
‘Wat steek Eskom weg?’ vra DA oor kontrakte
“In eenvoudige terme, Eskom spandeer graag miljarde rande van belastingbetalersgeld, maar hulle wil nie hê dieselfde belastingbetalers moet weet hoe of aan wie hulle daardie geld bestee nie.”
Eskom, wys ons jou diesel- en steenkoolkontrakte, gelas hof
AfriForum vermoed dat die inligting vervat in hierdie kontrakte moontlik onreëlmatighede en korrupsie by die kragvoorsiener aan die lig kan bring.
‘MRK behoort aan te beveel, nié te beveel’
Die Menseregtekommissie voer in ʼn saak tans voor die appèlhof aan dat sy aanbevelings bindend is en dieselfde regswerking het as ʼn hofuitspraak.
Slang in gras met beoogde steenkoolmyn naby Krugerwildtuin
Volgens onbevestigde gerugte is daar reeds goedkeuring vir die mynregaansoek toegestaan, maar volgens AfriForum word dié goedkeuring nog geheim gehou.
Dringende aanmaning aan Rand Water oor verminderde water
Rand Water dreig nou glo ook om watervoorsiening selfs verder te verminder tensy die agterstallige skuld – wat gesamentlik sowat R3 miljard beloop – vereffen word of betalingsooreenkomste nagekom word.
Landbou-ontwikkelingsprojek bly groei (en oeste ook)
Die volgende fase van die projek behels die uitbreiding van die sonaangedrewe drupbesproeiingstelsel om die skaal van die projek te vergroot. Dit sal verder bydra tot die volhoubaarheid en winsgewendheid van die projek.
Metro wíl saamwerk, sê Brink na slaggat-onderonsie
Volgens Brink is die ironie van die saak dat die Tshwane-metro se burgemeesterskomitee twee weke gelede ʼn samewerkingsooreenkoms met AfriForum goedgekeur het.
Daar’s ʼn nuwe regering op die dorp
Daar bestaan gevolglik ʼn noodsaak vir ʼn vierde regeringsfeer wat plaaslike en kultuurgemeenskappe in staat stel om hul eie kundigheid, dryfkrag en begrip van hulle eie gemeenskap se behoeftes tot voordeel van hul gemeenskap aan te wend.
Eenheid volstaan by bevinding van ‘geen vuilspel’ in jong boer se dood
Daar was die afgelope jaar groot bespiegeling oor die raaiselagtige omstandighede rakende Willem Kruger, ʼn jong boer van Groblersdal, se dood. Die polisie sê nou vuilspel word wél vermoed en ʼn saak van moord word ondersoek.
Appèl kom oor rybewyse wat elke vyf jaar verval
“As die departement van vervoer nie bestuurslisensiekaarte kan druk nie, moet hulle ook nie boetes vir vervalde bestuurslisensiekaarte druk nie – die onreg is ooglopend.”
AfriForum by VN: Kollig op rassediskriminasie en “Kill the Boer”-lied
Kwessies wat aangeroer is, sluit in die “Kill the Boer”-lied; die beplande uitsluiting van wit boere van tariefvrye landbou-uitvoere na die EU en die VK indien hulle nie aan sekere raskriteria voldoen nie; en die toepassing van ras as voorwaarde vir watergebruikslisensie-aansoeke.
VN-komitee druk SA regering oor plaasmoorde, rassekwotas
“Die feit dat die VN nou vrae oor plaasmoorde, ‘Kill the Boer’ en rassekwotas aan die Suid-Afrikaanse regering begin vra, is van die vrugte van AfriForum en Solidariteit se volgehoue internasionale bewusmakingsveldtogte.”
Valslik van rassisme beskuldig? Privaatvervolgingseenheid wil help
Dit wil voorkom of aantygings van valse rassisme in Suid-Afrika aan die toeneem is. “Om in Suid-Afrika van rassisme beskuldig te word, is waarskynlik een van die ergste etikette wat op ’n persoon geplaas kan word, veral wanneer hierdie aantygings in die openbare oog afspeel,” sê AfriForum.
Só help AfriForum Laevelders
ʼn Tekort aan water in dié stad veroorsaak gereeld dat krane leegloop – ʼn probleem wat volgens die Mbombela-munisipaliteit grootliks weens onwettige waterverbindings veroorsaak word.
Verval van SA se staatsondernemings blootgelê in verslag aan VN
“In baie gevalle is hierdie ondernemings tans nie in staat om die land se noodsaaklike dienste te lewer nie, maar belastingbetalers moet steeds die swaarste dra aan hierdie mislukte entiteite.”
Interkulturele projek bevorder landbou-selfstandigheid
“Wanneer ons sulke hulp ontvang, sal ons in die toekoms op ons eie voete kan staan.”
Hof beslis oor verval van rybewyse
“Die departement is nie in staat om rybewyse betyds uit te reik nie, maar wetsgehoorsame burgers moet dan die boetes betaal.”
Interdik teen TikTokker oor ‘vals rassisme-bewering’
ʼn Strafregtelike ondersoek staar ʼn Suid-Afrikaanse TikTokker in die gesig nadat sy glo vals bewerings van rassisme teen drie jong mense gemaak het.