Die uiteinde van ʼn klipharde eindstryd wat opwindende rugby opgelewer het, is dat die Assupolbeker ʼn splinternuwe baas het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Assupolreeks"
Assupol kan beste eindstryd in bestaan oplewer
Dis altyd gevaarlik om voorspellings te waag, maar dit sal nie verras as Saterdag se eindstryd in Groep A van die Noorderbonde se Assupolreeks een van die beste in die geskiedenis van die reeks oplewer nie nie.
Halfeindstrydrillers laat 2 kampioene sneuwel
Die Noorderbonde se Assupolreeks se halfeindronde het twee rillers opgelewer waarin twee kampioene albei op hul tuisvelde in die doodsnikke teen die verwagting in uitgeskakel is.
Carlton-voorsmakie wag; slotpaar druk saam ses
Die Blou Bulle se klubondersteuners kry `n vroeë voorsmakie wat in vanjaar se Carltonliga A kan wag, wanneer vier klubs uit dié liga Saterdag sake in die halfeindronde van Groep A in die Noorderbonde se Assupolreeks uitspook.
Reënweer beïnvloed Assupolrugby kwaai
Die milde reën wat die afgelope naweek aan die Witwatersrand en in Pretoria uitgesak het, het die Noorderbonde se reeks om die Assupolbeker erg beïnvloed, en van die wedstryde moes afgestel word.
Assupol: Impala, NWU Vaal behaal grootste sukses
Rustenburg Impala (Luiperds), die internasionale Goue Bekerkampioen, en NWU Vaal (Valke) het die grootste sukses in die eerste ronde van die Noorderbonde se Assupolreeks behaal.
‘QBR-samesmelting werp gewis vrugte af’
Die samesmelting tussen die Pretoriase klubs Harlequins en Polisie om Quins-Bobbies-rugby (QBR) te vorm, het gewis vrugte afgewerp.
Oud-vleuel druk twee met eerste opdraf as slot
`n Gewese vleuel het Saterdag sommer twee drieë in die Noorderbonde se Assupolreeks gedruk in sy eerste opdrafslag as slot.
Assupol se afskop beloof kookwater-rugby
Sommer met die seisoen se wegtrekslag is daar `n klompie kragmetings in die Noorderbonde se Assupolreeks wat kookwater-rugby beloof.
Spanne van ver Saterdag op Meyerton in aksie
Spanne uit Pretoria, van die Oos-Rand af, en ook van die naasliggende Vanderbijlpark is Saterdag tydens die Assupol-rugbydag op Meyerton in aksie.
Makro-oorgrensliga sluit groot kanonne in
Vier van die grootste kanonne in Suid-Afrikaanse klubrugby neem vanjaar aan die Noorderbonde se Assupolreeks deel, wat sonder twyfel die grootste plaaslike oorgrensliga dusver is.
Assupolreeks: Bobbies bo in rugbyskouspel
Pretoria Polisie is die nuwe Assupolkampioen nadat hy die Tukkies Saterdag in `n skouspelagtige eindstryd op Loftus Versfeld geklop het.
Twee eindstryde ‘oorgespeel’
`n Mens kan maar sê twee provinsiale eindstryde word “oorgespeel” in die belangrikste kragmetings Saterdag in die eindstryde van die Noorderbonde se Assupolreeks op Loftus Versfeld in Pretoria.
Nog `n honderdtal ‘nie goed vir klubrugby’
Dis te betwyfel of die honderdtal wat Pretoria Polisie Saterdag op die rugbyveld in die Noorderbonde se Assupolreeks behaal het goed vir klubrugby is.
Harlequins tussen die duiwel en diep blou see
Vir Harlequins is dit `n kwessie van tussen die duiwel en die diep blou see wanneer hy Saterdag in die laaste groepronde teen Pretoria Polisie in Groep A1 van die Noorderbonde se Assupolreeks te staan kom.
Ses rooi kaarte en `n gele in één wedstryd
Ses geel kaarte in `n enkele wedstryd kom nie aldag voor nie, wat nog te sê ses rooies!
Assupol: Impala klop kwarteinder met honderdtal
`n Gewese houer van die oop klubs se Gemeenskapsbeker (GB), Newrak Rustenburg Impala, het Saterdag in die Noorderbonde se Assupolreeks `n honderdtal teen een van verlede jaar se kwarteinders in die Blou Bulle se Carltonliga behaal.
Rondes bepalend vir Assupolreeks, Flyatoernooi
Saterdag se rondes in die Noorderbonde se Assupolreeks, sowel as dié in die Blou Bulle se Flyatoernooi is bepalend vir die onderskeie reekse.
Tuine raak die slaansak van Assupolreeks
Tuine se Grizzlies is besig om die slaansak van die Noorderbonde se Assupolreeks te raak en het Saterdag oor die 150 punte teen die Tukkies (Fezelas) afgestaan.
Assupolreeks: voorlopers in A1 pak mekaar
Die voorlopers in Afdeling A1 van die Noorderbonde se Assupolreeks bots Saterdag trompop in die derde ronde van dié reeks wat deur die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) geadministreer word.