Drie van die grootste onderwysbeurse in die private hoëronderwyssektor word vandag in Pretoria bekendgestel.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "beurse"
Twintig beurslenings waarvan jy moet weet vir 2021
Covid-19, die stygende werkloosheidsyfer en krimpende ekonomie beteken dat matrikulante en studente wat volgende jaar wil studeer reeds nou al alles binne hul vermoë moet doen om hul studiedrome te kan befonds.
Grootste onderwysbeurs in SA bekendgestel
Een van die grootste onderwysbeurse vir opleiding in die private hoër onderwys is Dinsdag in Pretoria bekendgestel.
Jong ontwerpers kry hupstoot met gesogte beurse
Dié beurse sluit benewens alle klas- en studiegeld boonop ook die bekende Suid-Afrikaanse modeontwerper, Gert-Johan Coetzee, se persoonlike mentorskap in.
Miljoene vir studie in Afrikaans
Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns stel vanjaar weer miljoene rande beskikbaar vir beurse aan nagraadse studente in enige vakdissipline.
Studiefonds skep hoop vir duisende studente
Die studiefondssentrum spog met ʼn terugbetalingskoers van 98% op rentevrye studielenings waar ander organisasie wat beurse aan studente verskaf sukkel om ʼn terugbetalingskoers van 2% te handhaaf.
Beurs- en studiefonds vir Afrikaanse studente gestig
AfriForum Jeug het ʼn beurs- en studiefonds gestig ten bate van Afrikaans en studente wat in dié taal wil studeer.
Kompetisie: Beurse vir 4 Afrikaanse studente
AfriForum Jeug het Donderdag, as deel van die nasionale veldtog om Afrikaans as onderrigtaal by universiteite te behou, ʼn kompetisie van stapel gestuur waar vier studente studiebeurse ter waarde van R20 000 kan wen.
My Maandag in Atlantis
Dit was vroegdag op Blouberg se strand. Ek moes seker geweet het dat ’n spesiale dag op my wag, toe ek vroegoggend onverwags die bloedrooi maan deur die gastehuis se venster oor die see sien hang het.
[Video] ‘Wat beurs vir my beteken’
Aansoeke vir eNuus en Akademia se studiebeurse vir 2016 sluit Vrydag. Een van die vorige beurswenners het aan eNuus verduidelik wat die beurs wat vir haar beteken.
Atterbury ken 65 nuwe beurse toe
Atterbury Trust se beursspan het pas al die onderhoude vir 2016 se beurse afgehandel. Ons hoor by Zahn Hulme hoe dit verloop het.
Gert-Johan Coetzee skenk R180 000 mode-ontwerp studiebeurs
Christopher Gill se raad aan jongmense wat wil inskryf, is om reg te maak vir harde werk. “ʼn Mens leer ongelooflik baie, maar dit vra toewyding want dis veeleisend. Dis regtig bedoel vir mense wat ʼn groot passie het om te leer oor mode en ontwerp. As jy louwarm is, gaan dit nie werk nie!”
Beurswenner se studies gaan voor die wind
Die Kinders van die Wind-beurs wat in 2013 op die been gebring is, is besig om in sy doel te slaag om ʼn kind die geleentheid te bied om ligte musiek te gaan studeer.
Presteer is die beste verweer
Atterbury Trust se beursprogram bring ons in kontak met baie voornemende studente wat dit moeilik het, maar die storie van Lucinda Kruger, vir wie ons danksy Lindie Strydom van Grootfm 90.5 ontmoet het, het ons hartsnare geroer.
KZN ontken voorbehoedmiddel is verpligtend vir beursstudente
Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het ontken dat Suid-Afrikaanse studente wat medies-verwante kursusse in Indië gaan studeer, gedwing is om ‘n voorbehoedmiddel, wat onder die vel ingeplant word, te gebruik.
Video: Akademia, eNuus gee beurse vir studente
eNuus het kragte met die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia saamgesnoer om studiebeurse aan vyf behoeftige studente beskikbaar te stel.
Hof: Beurse net vir wit studente
Die appèlhof het bevind dat iemand die volste reg het om in hulle testament beursgeld aan net wit studente na te laat.