Uiteindelik het die Noord-Gautengse Jaguars dit reggekry.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Brutal Fruit"
Premier-netballiga se half- en kwarteindspanne bepaal
Die laaste van die groepwedstryde van Brutal Fruit se Premier-netballiga die naweek in Bloemfontein was bepalend vir die rondomtalie-puntelys en daarmee ook vir watter spanne vir die halfeind- en kwarteindwedstryde kwalifiseer.
Dis nou ʼn gejaag na posisies vir die uitspeelrondes
Die naweek se sesde en laaste rondomtalieronde van die Netbal-premierliga om die Brutal Fruit-beker in Bloemfontein is reeds ʼn mini-uitspeelreeks in die kleine met vier spanne wat kop aan kop op die puntelys is.
Sege teen die Jaguars kan Stings na die eerste plek laat spring
Die Noord-Gauteng Jaguars, wat met agt punte boaan die Netbal-premierliga se puntelys is, speel Vrydagaand in die Bellville Velodrome teen die onoorwonne Southern Stings van die Wes-Kaap.
Flames en Jaguars sorg vir netbal-hoogtepunt
Die hoogtepunt van die naweek se derde ronde van die Netbal-premierliga waar hoë tellings nie ongewoon was nie, was Vrydag se taai stryd tussen Noordwes se Flames en die Jaguars van Noord-Gauteng.
Stings en Jaguars storm voort, kampioen soek nog eerste oorwinning
Die Southern Stings is na die tweede naweek van die Netbal-premierliga nog onoorwonne nadat hulle Sondag die KZN Kingdom Stars met 60-23 geklop het.
Fireballs lui naweek in met sege oor die Flames
Die Brutalfruit Netbal-premierliga is Vrydag voortgesit by die Universiteit van Tegnologie in Durban waar die Oos-Kaapse Aloes met 38-26 teen die Sunbirds van Mpumalanga gewen het en Gauteng se Golden Fireballs met 48-44 teen die Flames van Noord-Wes baas was.