Streeptruie oorheers o. 18-skoolweek oor die jare.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Cravenweek"
Dis Noord teen Suid in Cravenweekstryd
WP en Blou Bulle pak mekaar in CW-hoofwedstryd.
Streeptruie deel pakslae uit by Cravenweek
Kapenaars maak amok ná twee rooikaarte vir Vrystaat.
Kaalvoethelde speel kookwater-rugby
WP vertoon ook sterk by o. 13-Cravenweek.
Skole is weer Cravenweek-fabrieke
Sewentien spelers uit een skool vir Vrystaatse Cravenweekspan.
Goue Leeus wen Cravenweek-hoofwedstryd, Bulle die Akademieweek
Die Goue Leeus het Saterdag op hulle ‘tuisveld’ by St Stithians die hoofwedstryd in die Cravenweek teen die Sharks met 45-18 gewen en daarmee die Westelike Provinsie van ʼn driekuns-seges in hoofwedstryde weerhou.
Cravenweek: drieë by dosyne skep vrae oor verdediging
Lekker rugby, sekerlik, want drieë is waaroor dit gaan. Maar Donderdag het die seël geplaas op die Craven- en Akademieweek se hoë tellings en die vraag moet gevra word of die verdediging op peil was.
Cravenweek: meer is van die WP en die Leeus verwag
Verlede jaar se twee spanne wat in die hoofwedstryd gespeel het, het Woensdagmiddag by St Stithians in die Cravenweek met 13-elk gelykop gespeel en effens verligting gebring van die hoë tellings wat die wedstryde dusver gekenmerk het.
Cravenweek: SWD pronk, Blou Bulle stotter
Dit lyk of die twee spanne wat verlede jaar in die Cravenweek se hoofwedstryd gespeel het, die Westelike Provinsie en die Goue Leeus, dit Woensdag in hulle groep se ‘tweede ronde’ sal uitspook om Saterdag weer een van die uitsoekspanne te kan wees.
Cravenweek: drie spanne troon uit tussen die hoë tellings
Op die eerste dag van die Cravenweek vir onder 18s by St Stithians het die Goue Leeus op tuisbodem, die afgelope twee jaar se voorste span die Westelike Provinsie, en ook die Vrystaat hand opgesteek om Saterdag in die hoofwedstryd te speel.
Kampioen WP in die visier by Cravenweek, Akademieweek
Soos die afgelope jare sal die Cravenweek en ook die Akademietoernooi vir o.18s wat vanaf Maandag deur die Goue Leeus by St Stithians aangebied word, oor meer gaan as bloot net die mededinging om as die voorste span gekroon te word.
Cravenweek o.13: net vier onoorwonne na die tweede dag
Daar is net vier onoorwonne spanne oor na die tweede dag van die o.13-Cravenweek by Grey Kollege in Bloemfontein nadat vyf van Maandag se wenners in die stof gebyt het.
Leeus bied Cravenweek by St Stithians aan
Die Goue Leeus Rugbyunie sal vanjaar gasheer wees vir die jaarlikse o.18-Craven- en Akademieweek.