Die twiets van Zindzi Mandela is ’n waterskeidingsoomblik waarin die nuwe minister van internasionale betrekkinge en samewerking kan aandui dat dít die resep is wat voortaan gevolg gaan word óf (soos haar voorgangers) die stof wat opgeskop is, onder die mat vee en aanploeter op die rampspoedige pad van die afgelope jare.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Departement van internasionale betrekkinge"
SA ambassadeur in die sop oor ‘verdelende’ twiets
Nadat Mandela kritiek op Twitter oor haar uitlatings ontvang het, het sy teruggekap en getwiet dat sy nie aanspreeklik is teenoor enige wit man of vrou vir haar persoonlike siening is nie.
Onderwys in China: Pas op vir sogenaamde agente
Met die eerste groep jong Suid-Afrikaners wat veilig terug is in die land nadat hulle sonder hul paspoorte in China gestrand was, is dit nou tyd om die hele affêre in oënskou te neem. Wie se skuld was dit dat hul paspoorte afgeneem is, en wie moet die dank kry dat hulle nou terug is?
Veldtog oor plaasaanvalle en onteiening verskerp
Dit volg ná Lindiwe Sisulu, die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en haar departement verlede week beweer het daar word onnodig paniek in die internasionale gemeenskap gesaai en valse inligting versprei.
SA spreek kommer uit aan Suid-Soedan oor Endley-doodsvonnis
Die Suid-Afrikaanse regering het nou vir die eerste keer ʼn amptelike reaksie gegee op die doodsvonnis wat ʼn Suid-Soedannese hof William Endley opgelê het.
SA man, vrou in VAE tronk oor swangerskap
Emlyn Culverwell (29) en sy verloofde, Iryna Nohai (27), is in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) in hegtenis geneem omdat hulle voorhuwelikse seks gehad het.
Departement weerhou identiteit van SA diplomaat wat vas is vir dronkbestuur
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking weier om die identiteit van die Suid-Afrikaanse diplomaat in Noorweë wat Sondag vir dronkbestuur in hegtenis geneem is, bekend te maak.
SA skenk toerusting vir SAR-verkiesing
Die Suid-Afrikaanse regering het toerusting aan die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) geskenk vir hulle verkiesing Sondag.