Die Blou Hond-restaurantteater bied in die volgende twee maande ʼn reeks wonderlike vertonings vir die publiek. Kom kuier saam!
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Die Blou Hond"
Refentse gereed om Die Blou Hond aan die brand te sing
Lesers wat nog nie die kans gehad het om Refentse op die verhoog te sien nie kry op 14 November die geleentheid om een van Afrikaans se gunsteling-mansstemme in die Die Blou Hond in die Ooste van Pretoria te hoor sing.
‘Operasie Holm’ kuier eersdaags by Die Blou Hond
Operasie Holm, ʼn eenvrouvertoning deur Marion Holm, word Woensdag 31 Oktober by Die Blou Hond in Pretoria aangebied. Holm het op haar Facebook-blad bevestig dat dit die tweede laaste keer sal wees dat sy dié produksie gaan aanbied.
Wen: Vier Moedersdag saam met Joshua na die Reën
Drie gelukkige wenners het elkeen die kans om hul ma’s te bederf met ʼn buffetete en ʼn vertoning deur Joshua na die Reën by die Blou Hond-teater op Moedersdag eerskomende Sondag.
‘Binnelanders’-sterre is ‘Keelvol’ in nuwe produksie
Die twee geliefde akteurs stel ook albei hul musikale talent in die produksie ten toon.
WEN: Touch of Class by Die Blou Hond-teater
Een gelukkige leser kan ʼn dubbelkaartjie wen na Touch of Class se vertoning op 18 Januarie by Die Blou Hond-teater in Pretoria.
Wen: Jak de Priester in Die Blou Hond-teater
Die Afrikaanse sanger Jak de Priester bied vanjaar ʼn “Geel jou hart vir liefde”-konsertreeks aan in samewerking met Die Blou Hond-teater en die Caring Daisies-liefdadigheidsorganisasie.
[Wen] Karlien van Jaarsveld by die Blou Hond-teater
Die sangeres en aktrise Karlien van Jaarsveld is op 30 Augustus by die Blou Hond-teater in Pretoria te sien.
[Wen] Kuier saam met Arno Carstens by die Blou Hond
Die sanger en liedjieskrywer Arno Carstens is op 2 Augustus by die Blou Hond-teater in Pretoria te sien, en gaan van sy gewildste liedjies sing uit sy diskografie van 13 albums.
[WEN]: Arno Carstens by die Blou Hond-teater
Platinumkunstenaar en liedjieskrywer Arno Carstens is eersdaags te sien by die Blou Hond-teater.
[WEN]: TWEE by die Blou Hond-teater
Die wenners van die 2015 kykNET Afri-Visie-liedjieskryfkompetisie, TWEE, is eersdaags weer te sien by die Blou Hond-teater in Pretoria.
[WEN]: Rocco de Villiers by die Blou Hond-teater
Vir die eerste keer is die bekende pianis Rocco de Villiers met ʼn vleuelklavier by die Blou Hond-teater in Pretoria te sien in ʼn splinternuwe vertoning, Gevleuel, gestryk en gestram.
[WEN]: Frank Opperman in ‘Hond’ by Die Blou Hond-teater
In die splinternuwe eenmanstuk Hond vertolk die veteraan-akteur Frank Opperman die rol van ’n man wat afskeid neem van sy hond wat te oud en siek is om veel langer te leef. Moet hy die hond laat uitsit, of nie?
Wen: Kuier saam met Monark in Blou Hond
Die alternatiewe-musiekgroep Monark tree Donderdag (28 Julie) by Die Blou Hond-teater in Pretoria op in ʼn akoestiese konsert wat jy kwalik weer te sien gaan kry en Maroela Media gee ʼn dubbelkaartjie vir een gelukkige leser weg.
[WEN] Kuier saam met Jak de Priester
ʼn Gelukkige Maroela Media-leser het die kans om een dubbelkaartjie na ʼn vertoning van Jak de Priester by die Blou Hond-teater in Pretoria te wen.
[Luister] Blou Hond se baas vind weer liefde
“Ek het my maat gevind en die tydsberekening was net perfek,” sê Philip Moolman, eienaar van die Blou Hond-teater.