Ongeveer 20% van mense wêreldwyd word deur disleksie geraak, ’n syfer wat ook in Suid-Afrikaanse skole en werksomgewings weerspieël word.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "disleksie"
20 belangrike feite oor disleksie
Oktober is Internasionale Disleksie-bewusmakingsmaand en fokus daarop om eensgesinde organisasies te verenig en sodoende kennis en hulpbronne met ouers, onderwysers en die algemene publiek te deel.
Is ons kennis oor disleksie verouderd? Navorsers werp nuwe lig
Om bewustheid te kweek oor disleksie, moet ons op die hoogte bly van die jongste navorsing en wat dit vir ons kinders beteken.
Hoop vir gesinne met kinders met uitdagings: fisiek, emosioneel en kognitief
“Alles sterf in jou, dit is asof jou familie ʼn doodsvonnis kry die oomblik dat jy die realiteit van die uitdagings van ʼn breinbeseerde kind in die gesig staar.” Lees die merkwaardige verhaal van twee mammas se stryd om hul breinbeseerde kinders ʼn beter lewe te probeer gee.
Klop disleksie só
Vir sommige ouers mag dit ’n verligting wees dat kinders se akademiese prestasie daadwerklik kan verbeter ten spyte van disleksie.
Disleksie: Lê die kognitiewe boustene vas
ʼn Dislektiese persoon of swak leser sal geneig wees om meer dikwels te pouseer vir fiksasies, en die duur van elke fiksasie is gewoonlik ook langer as by die normale leser. Die dislektiese persoon is ook geneig tot meer regressies as ander lesers.
Disleksie: Tree vir tree deur die leerproses
Een vaardigheid moet eers vasgelê word voor ons ’n daaropvolgende vaardigheid kan baasraak. Dis soos met ʼn leer opklim: sportjie vir sportjie, anders val jy.
Disleksie en leerbeginsels
Die situasie van ’n kind met disleksie kan nie verstaan word tensy ons raaksien dat hy ’n mens is nie. ’n Belangrike kenmerk van die mens is dat hy niks weet en niks kan doen wat hy nie geleer het nie. Dit sluit natuurlik liggaamsfunksies soos asemhaal uit, sowel as reflekse, soos byvoorbeeld die oogrefleks wat meebring dat die oog geknip word wanneer ’n voorwerp dit nader.
Disleksie en die Brein
Ons het verlede keer gesels oor die simptome van disleksie en die verwarring rondom die term: sommiges beskou dit as ongeneeslik terwyl ander meen dat ’n disleksie-diagnose min waarde het. Ons het ook begin gesels oor tegnologiese vooruitgang, soos fMRI-skanderings, wat dit vir wetenskaplikes moontlik gemaak het om te sien dat die brein plasties is, en dat neuroplastisiteit die lig aan die einde van die donker disleksietonnel is.
Wat is disleksie?
Daar is min dinge wat by ’n ouer soveel spanning veroorsaak as ’n kind wat sukkel met lees, spel en skryf. Terwyl die meerderheid kinders dit maklik tot redelik maklik baasraak, is dit ’n heeltemal ander ervaring vir ten minste een uit elke vyf kinders. Vir hulle is dit so moeilik dat die woord “disleksie” dikwels ingespan word om na hierdie erge gesukkel te verwys.