Susan du Plessis, direkteur van opvoedkundige programme by Edublox, sê ouers moet in gedagte hou dat leer ʼn drieledige eienskap is en dat die toepassing van dié drie bene kinders beter sal laat vaar op skool.
Alles vir die sleutelwoord "Edublox"
Versorg jou kind se selfbeeld só
Moenie te hard op jouself wees nie. Kinders kom nie met ʼn instruksieboek soos ʼn nuwe skottelgoedwasser nie, en ervaring wat ons met een kind aanleer, is nie noodwendig op ander kinders van toepassing nie.
Maak jou kind taalvaardig en skoolgereed
Ons het verlede week gesels oor die ontwikkeling van taal, konsentrasie en persepsie, en hierdie week gesels ons verder oor die ontwikkeling van geheue, logiese denke, wiskundige vaardighede, emosionele en sosiale vaardighede, sowel as die versterking van jou kind se groot en klein spiere.
Speel en praat jou kind slim
Navorsing bewys ook dat jy nie duur opvoedkundige speelgoed of digitale toestelle vir jou kind hoef te koop om hom op te skerp nie. Jy het ook nie nodig om jou kinders gedurig rond te ry na selfverrykingsklasse nie. Jy kan baie eenvoudiger dinge met jou kind doen om hom skoolgereed te maak.
Slim ma’s kies breinkos vir hul kinders
Ja, ek kan nogal simpatiseer: al die inligting oor moets en moenies aangaande voeding kan nogal oorweldigend wees, veral vir mense wat graag die regte ding wil doen.
Korrekte spelling ‘n belangrike vaardigheid
Die vermoë om korrek te spel is dwarsdeur ʼn mens se lewe ʼn baie belangrike basiese vaardigheid. Wanneer mens sukkel met spelling, is dit nie net jou skoolwerk wat daaronder ly nie, maar dit benadeel ook later jou kanse in die werkplek.
Nog hulp vir kinders wat sukkel met wiskunde
Ongelukkig is dit ook so dat daar dinge is waarvan ons nie kan wegskram nie — om wiskunde deur te kom is een daarvan — en dan moet ons maar die bul by die horings pak.
Harde werk kan lees- en wiskunde agterstand laat kwyn
Om nie tyd te mors nie, sal dit dus goed wees om te begin met ʼn evaluasie om die oorsaak van sy agterstand te bepaal — het hy bloot ʼn kennisagterstand of dalk ʼn vaardigheidsprobleem?
Woordeskat, geheue en logiese denke is kennis
ʼn Belangrike kenmerk van die mens om altyd in gedagte te hou is dat ʼn mens niks weet of kan doen wat sy nie geleer het nie. Woordeskat, geheue en logiese denke is egter kennis en vaardighede, en moet dus aangeleer word.
Verstaan wat jy lees met logiese denkoefeninge
Logiese denke is belangrik want dit gee die leser die vermoë om afleidings te maak, wat vereis dat ons dit wat ons weet, gebruik om te probeer bepaal wat ons nie weet nie, of om ‘tussen-die-lyne’ te lees.
Leesbegrip is die doel van lees
Leesbegrip is die doel van lees. Die rede waarom ons lees is immers om sin te maak uit dit wat op die bladsy geskryf staan. Wanneer ʼn kind vlot lees, aanvaar ons dat sy verstaan wat sy gelees het, maar 3 tot 10% van vlot lesers begryp nie wat hulle gelees het nie.
Kyk met dié vergrootglas na jou kind se skoolrapport
Ouers moet presies weet waarna om te kyk wanneer kinders skoolrapporte ontvang, ongeag die finale punt op die rapport, sê Susan du Plessis, direkteur van opvoedkundige programme by Edublox.
Jy kan jou kind met disleksie help
Die historiese siening dat disleksie ongeneeslik is, bestaan byvoorbeeld bloot omdat verkeerdelik geglo is dat die brein onveranderlik is. Destyds is geglo as iets verkeerd is met iemand se brein, niks gedoen kan word om dit reg te maak nie.
Leer so ‘n tweede taal in ‘n japtrap aan
Om ’n tweede taal aan te leer is ’n goeie ding want dit bevorder ’n mens se breinkrag.
Hoe help ons ʼn kind wat sukkel met wiskunde?
Maar hoe help ons ʼn kind wat sukkel met wiskunde? Die enigste manier is om vas te stel wat die oorsaak of oorsake van die probleem is.
Wat veroorsaak leesprobleme?
Lees is koning in die klaskamer. Dit is onontbeerlik vir akademiese sukses, in die hier en nou, sowel as in die toekoms. Daarom is ʼn kind wat sukkel met lees, gewoonlik ʼn groot kopseer vir ʼn ouer. Behalwe vir negatiewe gevolge op akademiese vlak, kan leermislukking ʼn kind se hele persoonlikheid benadeel en daarom is dit belangrik dat ons erns maak van ʼn leesprobleem.
Taalvaardigheid help potensiaal ontsluit
Hy was stil, teruggetrokke, en het homself deur ’n enkele emosie – woede – uitgedruk. Hy het ons skaars gegroet. Nou, soos ons die halfjaarmerk nader, kan ek met trots sê dat hy ’n plesier is om mee te werk.