Een swaeltjie maak gewis nie somer nie, maar daar is na Saterdag se eerste toets teen Engeland op Ellispark ʼn horde doemprofete wat hulle woorde moet sluk en hul gifpenne moet wegbêre.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "eerste toets"
Springbokspan: Rassie kies drie nuwes teen Engeland
Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het drie toetsnuwelinge in sy span vir Saterdag se eerste toets op Ellispark teen Engeland ingesluit.
Philander die held in grootse terugvegpoging
Die welkome reën wat Sondag in Kaapstad geval het, het Maandag sy rol in die dramatiese en spannende eerste toets in die reeks tussen die Proteas en Indië gespeel.
Krieket: Nuweland se toets vol onsekerhede
Daar sal maar tot Vrydagoggend voor die loting gewag moet word om te verneem wat die Proteas se afrigter Otis Gibson se siening van die kolfblad, die toets, en die Proteas se span is.
Net onwaarskynlike reën kan Root-hulle nou red
En toe sing die vet ou tannie al voor middagete op die vierde dag …
Klassieke Smith-honderdtal, twee vinnige paaltjies skud Engeland
ʼn Klassieke honderdtal vir die fynproewer deur die Australiese kaptein Steve Smith en opvolgboulwerk van sy blitsboulers het sy span na die derde dag in beheer geplaas in die eerste As-toets in Brisbane.
As-reeks: tien paaltjies voor teetyd en ʼn ware toetsstryd
Tien paaltjies teen teetyd. Engeland, wat voor etenstyd gestruikel het, en toe Australië wat in ʼn diep kolfmoeras was maar herstel het, het Vrydag in Brisbane vir toetskrieket soos min op die tweede dag van die eerste As-toets gesorg.
As-toets: Engeland herstel goed na groot vroeë skrik
En toe was dit nie so warm nie, was die kolfblad nie werklik vinnig en vol wip nie en die Australiese boulaanval goed maar nie so venynig soos verwag is nie.
Aussies glo hul snelaanval hou die troewe
Jy sal dit nie in rugby kry dat die derde en die vyfde beste spanne ter wêreld ondersteuners oor sewe weke absoluut geboei hou nie, maar dit is wat die As-reeks van Donderdag af in Brisbane sal doen.
Verwagte vonke spat voor As-reeks Donderdag begin
Die As-reeks tussen Australië en Engeland wat Donderdag in Brisbane begin, het reeds vir sy tradisionele vonke voor die reeks se aanvang gesorg.
Rabada en Maharaj vernietig Bangladesj
Reën en Morné Morkel se besering wat hom ses weke van die veld sal hou, kon Faf du Plessis en sy Proteas nie Maandag op die laaste dag van die eerste toets teen Bangladesj keer nie.
Die Proteas kort opwindende nuwe bloed
Die uitdagings en die meet van sukses in krieket is so anders as dié in enige ander sport. ʼn Enkele glips, ʼn onspeelbare bal, ʼn verbroude maklike vangskoot kan individuele prestasies skeeftrek, ʼn toetsreeks help beslis of ʼn loopbaan kelder.