“Die ANC is duidelik op die agtervoet sedert sy parlementêre mislukking om die regering se diefstal van eiendom te wettig en raak dus al hoe meer desperaat om dié beleid te probeer afdwing.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "eiendomsreg"
Voorgeskrewe bates is deel van ʼn kommerwekkende patroon
Die probleem is deels dat die beplande besonderhede van voorgeskrewe bates nog nie bekend is nie. En soos die gesegde lui: die duiwel gaan in die detail wees. Die belangrike punt is dat die beginsel nie ’n goeie een is nie – of dit nou 5% of 50% van aftreefondse gaan wees, dit is in ’n markekonomie die swakste dryfkrag vir beleggings.
Ideologie bedreig ons grondwetlike legitimiteit
Daar is diegene in ons samelewing wat die Grondwet kritiseer as fundamenteel gebrekkig, van beide die regter- en linkerkant van die politieke spektrum. Die stand van sake kan egter slegs reggestel word wanneer die publiek daarop aandring dat konstitusionalisme gerespekteer word, skryf Martin van Stadin van die Vryemarkstigting.
Kenners sê burgery moet as teenwig vir staatsmag optree
Die sakeorganisasie Sakeliga sê praktiese kwessies moet gepak word om rigting te gee aan die debat oor eiendomsreg. Die organisasie het Woensdag tydens ʼn seminaar met ander instellings en kenners vergader om ʼn verklaring te help formuleer wat gebruik kan word as ʼn verwysingsdokument tydens die debat.
Grondhervorming: ‘Boere gaan self moet inspring’
Grondhervorming en ʼn verskuiwing na ʼn meer inklusiewe ekonomie is onvermydelik – dit gaan op die een of ander manier moet gebeur. Dit is hóé dit gedoen word wat uiteindelik die bepalende faktor sal wees of die landbousektor gaan floreer of sink.
Die dieper reg van eiendomsreg
Om werklik ’n alternatiewe denkwyse op die tafel te sit, om ’n vernietigende ideologie van staatsinmenging die hoof te bied, moet ’n mens jou eie vertrekpunte hersien en die debat terug na eerste beginsels neem.
Onteiening, ‘Disrupted Land’ en die IRV
Tog is ek ook dank aan die IRV verskuldig, aangesien die omstredenheid wat hy geskep het, gehelp het dat duisende mense reeds na die dokumentêr op YouTube gekyk het. Hopelik sal dit help om gesonde debat te stimuleer, waar groter ruimte vir uiteenlopende standpunte geskep word.
AfriForum begin veldtog teen onteieningswetsontwerp
“Dit is waarom dit noodsaaklik is dat die publiek by die stryd betrokke raak om eiendomsreg te beskerm.”
Wees debatvoerders, nie apologete nie
Wees in 2019 ʼn debatvoerder – iemand wat roekelose uitlatings uitdaag en bevraagteken en dit nie klakkeloos navolg nie. En wees iemand wat bereid is om die ongewilde standpunt in te neem en verwerp politieke korrektheid – veral wanneer dit teenstrydig is met die waarheid.
ANC gee net lippediens sewentig jaar na verklaring van menseregte
Met die algemene verkiesing van 2019 voor oë is dit duidelik dat kortsigtige politieke winste belangriker is as grondwetlike regte en waardes, en die Universele Verklaring van Menseregte is bloot ’n irritasie.
Dit is waarom beslaglegging op grond (vir eers) van die baan is
Die rede vir prof. Koos Malan se oënskynlike optimisme, skryf hy, is dat die kragte wat tans teen die inwerkingstelling van onteiening sonder vergoeding as ʼn maatreël is, is net eenvoudig so sterk dat die ANC nie kan waag om dit nou al in te stel nie.
Die harde werklikhede
Geen regering kan slaag as werklikhede soos eiendomsreg, die oppergesag van die reg, die vereistes van beleggers, ʼn skoon regering en goeie landsbestuur nie in ag geneem word nie, skryf Flip Buys.
Eiendomsreg in die Ou Testament
Hierdie pennestrepe dien as ’n wegspringplek om eiendomsreg in die Suid-Afrikaanse samelewing Bybels te deurdink.
Grondonteiening: ‘Wittes kan nie alleen vir eiendomsreg veg’
“Die stryd vir die beskerming van eiendomsregte kan nie deur Afrikaners, Afrikaanses of wit mense alleen geveg word nie.”
Grondonteiening: ‘Regstappe nou nodig’
“Die regering het eintlik ʼn skelm metode gevolg om die hele ding te hanteer.”
Grond: ANC gebruik ‘propaganda, stigmatisering’ vir doel
“Dit kan ook gesien word in die beeld wat geskets word oor boere dat hulle eintlik voor die voet rassisties en barbaarse onderdrukkers is.”
Donald Trump en Suid-Afrika: Gaan sanksies kom?
’n Beter opsie om die regering te dwing om sy rampspoedige beleid te laat vaar, is geteikende sanksies of slim sanksies. Anders as die gebruiklike ekonomiese sanksies teen ʼn land, wat die gewone mense gewoonlik harder tref as die regeerders, sal geteikende sanksies diegene tref wat die makers van slegte beleid is.
Strooipoppe, korrelkoppe en die nuwe fopnuus
Die afgelope week het die vlak van beriggewing en debatvoering in Suid-Afrika ʼn laagtepunt bereik. Dit het alles begin met ’n twiet deur die Amerikaanse president, Donald Trump.
Staal jouself vir ’n nuwe paradigma – en kies dienooreenkomstig
Die afgelope paar weke sou bevestig het – indien bevestiging hoegenaamd nodig is – dat beslissende veranderinge in Suid-Afrika se politieke gang in die vooruitsig is.
Word daar oor oorsake of simptome gedebatteer?
Alvorens ons nie hieroor uitsluitsel kry nie, is daar eintlik niks om oor te kan gesels of te onderhandel nie. Enige gesprek met die ANC moet hierdie punt druk tot by ‘n antwoord. Dit is die kern van die saak en daarom moet die gevolge verreken word.