Die EU-leiers probeer al ʼn geruime tyd onsuksesvol om die migrante gelyk tussen die lidlande te versprei terwyl hulle hul aansoek om asiel afwag.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Europese Unie"
Europa in stroomversnellings
Europa beleef naas die impak van geopolitieke grondverskuiwings en oorlog ook demografiese verswakking, interne veelgroei en fel ideologiese stryde wat nuwe kulturele, ekonomiese en politieke ordes skep.
EU hou eerste SA sitrus terug
“In sommige gevalle nie net lemoene nie, maar ook ander sitrus.”
Aanslag op diereproteïne verskerp
Die narratief, die verpakking van die kommunikasie en die wye steun van bekendes, sport- en rolprentsterre, koninklikes en wêreldleiers is uiters emosioneel en val sag op die oor.
EU beskerm nou die rooibos-naam
Dié besluit sal etlike voordele vir rooibos-boere inhou.
EU dagvaar AstraZeneca oor miljoene dosisse entstof
Die Europese Kommissie beskuldig die farmaseutiese reus van kontrakbreuk.
Pluimveebedryf veg terug teen hoenderstorting
Daar is vyf lande wat bevrore hoenderporsies na Suid-Afrika uitvoer, dikwels teen laer pryse as die produksiekoste en selfs laer as wat hulle dit in hul tuislande kan verkoop.
EU vra minder nie-noodsaaklike reise, maan teen strenger regulasies
Die moontlikheid van ʼn sogenaamde entstofsertifikaat is bespreek, maar EU-leiers sê daar is nog te veel vrae om dit in hierdie stadium as enigiets meer as net ʼn gesondheidsrekord te gebruik.
Covid-19: Dié lande verbied nou reis vanaf VK weens nuwe variant
Dit volg nadat ’n meer aansteeklike variant van die koronavirus in die Verenigde Koninkryk uitgebreek en sedertdien “buite beheer” versprei het.
Internasionale oorsig: Kommer oor Chinese pogings om EU, VN te beïnvloed
Daar is binne verskeie internasionale organisasies toenemend kommer oor die Chinese regering se pogings om deur omkopery, algemene steunwerwing en die bou van netwerke binne instellings die ontwikkeling van beleid en belangrike besluite oor handelsooreenkomste en buitelandse beleid te beïnvloed. Só skryf Jaco Kleynhans in sy jongste oorsig oor internasionale nuus:
Internasionale oorsig: Linkses stel al hoe meer eise aan Biden, alles nie wel in China
Biden sal dus moet fyntrap indien hy beleidsuksesse wil behaal sonder om een faksie van sy party te vervreem. Tot dusver is dit onduidelik hoe hy dit gaan regkry terwyl die Republikeine waarskynlik die senaat sal beheer en die Demokrate se meerderheid in die huis van verteenwoordigers die kleinste in dekades gaan wees.
Die korona-hulpfonds en die breuklyne binne die Europese Unie
In die verlede kon krake met geld toegepleister word, maar die krake het nou breuklyne geword.
Europese Unie kondig allemintige korona-hulppakket aan
Hierdie tamaai hulpfonds sal wel ook die skuldvlakke opjaag van die lande wat finansieel stabiel is en meer konserwatief, skryf Sebastiaan Biehl.
Grense, nasionale belang en die gevolge van die koronapandemie
Sedert die uitbreek van die koronapandemie het elke poging van internasionale organisasies om antwoorde op die pandemie te bied, misluk omdat elke land verkies het om eerder sy eie benadering te volg.
Nuuskommentaar: België, proefbuis vir impak van diversiteit op ’n grondwet
In die internasionale politiek geld die beginsel gewoonlik dat ’n unitêre grondwet nie op ’n heterogene bevolking van toepassing gemaak kan word nie. Suid-Afrika het presies die teenoorgestelde koers ingeslaan, en betaal daagliks die prys. Maar hoekom krap dinge dan in België?
Bulgarye: Wat om te doen teen bevolkingsinkrimping?
Die enigste opsie teen bevolkingsinploffing is dus om Bulgare van oorsee te oortuig om terug te keer en om hul vaardighede en geld ten bate van hulle vaderland aan te wend. Daar is sowat 1 miljoen Bulgare in die buiteland, maar in die era van globalisering verhuis niemand net uit patriotisme nie, as die lewensgehalte laag en die geleenthede min is.
Johnson sal Britte weer van Brexit moet oortuig
Indien Brittanje ’n belangrike internasionale rolspeler wil bly, het die land nodig om homself strategies te onderskei. Dit kan begin met Brittanje se uittrede uit die Europese Unie. Indien Johnson egter nie daarin slaag om sy mense van die noodsaaklikheid hiervan te oortuig nie, sal die land voortgaan om stelselmatig sy rol en relevansie op die globale politieke en ekonomiese terrein te verloor.
Tien vrae oor die wêreldpolitiek
Hier is tien knellende vrae wat tans internasionaal bespreek word:
Hoe nou verder met Boris en Brexit?
Johnson is wel nie iemand wat gaan lê nie en hy het moontlik iewers nog ’n troefkaart in die mou. Hy is ook bereid om ter wille van sy beginsels sy eie loopbaan op die spel te plaas.
Brexit: Kan BoJo die Britte red?
Ten spyte van skeptisisme oor Johnson, kan hy met sy aanslag en gewildheid by die publiek, asook by opposisiekiesers, wel een van Brittanje se beter eerste ministers word.