Meer as 30 motorfietsklubs van regoor Gauteng het onlangs aan Solidariteit Helpende Hand se Pretoria-Noord-tak se tiende jaarlikse Blanket Run deelgeneem.
Alles vir die sleutelwoord "foto’s"
Dolfynroete: Stap deur die romantiese hart van Tsitsikamma
Ek en Gerrit was nog altyd lief daarvoor om ons stapskoene aan te trek en ons dink die Dolfynroete se mooiheid en moeilikheidsgraad is vergelykbaar met enige dag op die Otter. Wat luuksheid betref, is die Dolfynroete egter enig in sy soort en ʼn ideale manier om ons twintigste huweliksherdenking te vier.
Reykjavík veel meer as wol en humor
Op een van die vele klein pleine of vierkante in Reykjavík, pryk die woorde: “All is well” in drie tale – Sweeds, Engels en Yslands. Dis nie net die titel van ʼn Ólafur Haukur Símonarson-album nie, dis ook heeltemal in die kol as jy Ysland se gasvryheid en natuurskoon gaan ervaar, skryf Maryke Roberts.
Foto’s: Fietsry deur die wilde kant van die Baai
Dis sommer ʼn heel ander wêreld, met piepklein plasies, natuurreservate en nedersettings soos Schoenmakerskop, Seaview en Sardiniabaai reg op die rand van die onstuimige Indiese Oseaan.
Al smullende ontdek ons Britse kookkuns
Natuurlik is dit melerige ertjies, vaal vis en kapokaartappels wat ʼn mens eerste in jou geestesoog sien as jy aan Britse kookkuns dink, maar Maryke Roberts het ʼn heeltemal ander ervaring in Engeland gehad.
Foto’s: Fietstrap van berg tot baai
Die R44-pad tussen Somerset-Wes en Rooi-els word beskou as een van die mees beeldskone paaie ter wêreld. Dit is ook een van die Kaap se gunstelingfietsryroetes.
Foto’s: Elizabeth Arden se jongste parfuum vier welstand
Maroela Media het die bekendstelling van Elizabeth Arden se White Tea-parfuum bygewoon om eerstehands te ervaar hoe dié skoonheidshuis se nuwe parfuum kan bydra tot jou welstand.
SA vrou, gesin vertel van ondervinding op oop see
Wat op aarde het hulle besiel om die verraderlike Atlantiese Oseaan oor te steek? So het Danielle Tietze de Hoogh, vroeër van Hartbeespoort, gewroeg toe sy, haar Nederlandse man Sander, hul kinders Ava (6), Will (4) en hul kat Nova in Susie Jane hul seilboot van 13 meter lank, op die oop see in ʼn vreesaanjaende storm beland het.
New Orleans skop goed nes in jou hart
Twee rolprente het ʼn vonkie in my hart afgevuur om die strate van New Orleans en sy omliggende moerasse te gaan ontdek, skryf Maryke Roberts.
Foto’s: Trap-trap deur De Hoop
Klim op jou fiets en verloor jou hart in De Hoop, want hierdie is sekerlik een van ons land se mees unieke marienebewaringsgebiede.
Stormsrivierkloof: kajak deur die waterwildernis
Om in die Stormsrivierkloof op te roei, is om ʼn geheim te ontdek. Hoe dieper jy die waterwildernis in vaar, hoe meer voel dit of jy terugbeweeg in tyd.
Fiësta-pryse in ligte luim uitgedeel
“Tog bly selfs ʼn gesogte Fiësta-trofee die tweede prys – die eerste prys is altyd die waardering van die publiek.”
Foto’s: Leerders oes internasionale pryse in met fotografie
“Kinders sien die mooi in die wêreld raak, op ʼn ander manier as volwassenes. Hulle kyk met ʼn ander oog na die wêreld, en daarom neem kinders ook die mooiste foto’s.”
Grootbos: Unieke kunsruimte in ’n botaniese galery
Ek dink nog steeds die eienaar, Michael Lutzeyer, en sy gesin het ʼn visie gehad, wat moontlik glad nie duidelik vir ander was, toe hulle meer as drie dekades gelede besluit het om ʼn stuk aarde, wat vir ander net grond naby De Kelders was, se potensiaal raak gesien het.
Kom vergeet van jou motor in die Kagga Kamma-reservaat
Die meeste mense ken Kagga Kamma as een van Suid-Afrika se mees bekroonde buitelug-bestemmings, maar net ʼn handjievol besef jy kan lekker kamp hier ook.
Landelike sjarme op ’n wynplaas buite Plettenbergbaai
My eerste ervaring van Newstead is soos dié van vele ander besoekers: saam met my gesin in die restaurant langs die wingerd, sandale uitgeskop op die grasperk nes die ander gaste, aan’t smul aan lamsvleis, falafels, tzatziki, naanbrood en stadig-geroosterde knoffelhoender.
Foto’s: Die bootvaart van ’n leeftyd
Clifford Roberts het onlangs op een van Norwegian Cruise Lines se nuutste skepe ʼn onvergeetlike vaart vanaf Ysland meegemaak.
Foto’s: Afrika-warmte ʼn kenmerk van Dinokeng
Om beurtkrag te ontsnap in die Bosveld is ʼn luuksheid op sy eie, al was dit die hele naweek sowat 35 grade buite tot laat in die middag.
Foto’s: Klofie-matrieks vier uitstekende uitslae
“Ek moes my geloof in die Here plaas en geduldig wag vir my punte, maar dit was senutergend.”
Foto’s: Vier dae om Dullstroom te beleef
As jy jou voertuig vir ʼn oomblik afskakel, kan jy hoor hoe duisende besies, goggas en voëltjies in die bome jou met luide gesange verwelkom.