“Ek moes my geloof in die Here plaas en geduldig wag vir my punte, maar dit was senutergend.”
Alles vir die sleutelwoord "foto’s"
Foto’s: Vier dae om Dullstroom te beleef
As jy jou voertuig vir ʼn oomblik afskakel, kan jy hoor hoe duisende besies, goggas en voëltjies in die bome jou met luide gesange verwelkom.
Die ritme is inderdaad anders in die Goudstad
Dis net drie dae in Johannesburg, maar dis drie maande se energie wat saam met ons bagasie by die lughawe inweeg. Elke stad het beslis sy pluspunte en Egoli het beslis haar glanskant vir ons gewys.
Toweragtige Turkye: 7 onvergeetlike ervarings in Istanboel
Vir iemand wat nie juis ʼn stadsmeisie is nie, het Istanboel my voete onder my uitgeslaan. Die Grand Dame van die wêreldstede is die ene sintuiglike verleiding met haar speserye en seelug, eksotika en glorie.
Toweragtige Turkye: Die travertyne van Pamukkale en ruïnes van Efese
2 500 km per huurmotor en 110 km te voet …
Toweragtige Turkye: Die meredistrik van Eğirdir en ruïnes van Sagalassos
Dis snikwarm toe ons gesin ná die tyd die waatlemoen slag wat ons die vorige dag by die boer gekoop het. Gawe Turkse ooms kom maak geselsies en die straatkatte kom maak kennis waar ons aan die voete van ʼn antieke pragstad rus.
Toweragtige Turkye: Top-8 reiservarings in Kappadosië
In hierdie reeks van vyf rubrieke vertel Carina Stander van die reisplan wat sy en haar man Gerrit saamgestel het vir een van die mees fassinerende lande op aarde. Hier is hulle gesin se agt storieboekervaringe in Kappadosië
Toweragtige Turkye: Safranbolu en Kappadosië
In Oktober vanjaar het ons ʼn epiese gesinsreis deur Turkye aangepak. Mens kan maklik versoek voel om slegs die rykdomme van Istanboel te ontgin, maar ons was ook aartsnuuskierig oor die ander kultuurskatte van die land.
Jeugpastoor (26) wen ‘SterStatus’: ‘Die Here het my gelei’
“Ek werk al die afgelope sewe jaar met die ‘toughest crowd’ – tieners – en om hulle geestelik te lei het vaardighede ontwikkel wat my toegerus het om uit te staan in die kompetisie.”
Foto’s: Fietsry deur die ‘republiek van groen en goud’
Die Overberg is Suid-Afrika se sogenaamde ‘broodmandjie’ en dié streek se landskap lê heel sag op die oog. Ons ry met bergfietse teen bulte uit en verby lappieskombers-lande wat in geel en groen en rooigrondbruin tot teenaan die gesigseinder ontvou.
Foto’s: Jong sangeres straal op matriekafskeid
Die 18-jarige sopraan het reeds as negejarige harte wêreldwyd verower as wenner van ‘Holland’s Got Talent’.
Sy ry vrou-alleen van Kaap tot Kaïro
Rotte en muise op sosatiestokkies, leeus wat om jou daktent brul en onbegaanbare paaie waarop dit agt uur neem om net 212 km ver te ry. Dit was alles deel van Julita Kok (57) van Kleinmond se avonture toe sy ses maande lank stoksielalleen vanaf Kaap Agulhas tot Kaïro gereis het.
Jong Afrikaners plesierig by Erfenisfees
Duisende mense het Saterdag op die terrein van die Voortrekkermonument byeengekom om hulle erfenis te vier.
Foto’s: Lugskou weer in Jakarandastad aangebied
Die skou vind tweejaarliks plaas, maar het weens die pandemie in 2018 laas plaasgevind.
Foto’s: Nuwe baadjie vir Bloedrivier-erfenisterrein
“Die Bloedrivier-erfenisterrein bied nou ʼn nuwe ervaring, wat die geloof en hoop van die Voortrekkers vertel.”
Video: Voortrekkermonument is gasheer vir 4×4-buitelugfees
Dié 4×4-buitelugskou was nog maar net een dag aan die gang en duisende mense het reeds op die Voortrekkermonumentterrein toegesak op soek na die nuutste kamp- en buitelewe-tegnologie.
Luukse wegbreek ook werkskepping en ontwikkeling
Mdluli Safari Lodge in die suidelike Krugerwildtuin, is nie net ʼn luukse wegbreek nie, maar ook die visie om te sien dat die Mdluli-gemeenskap baat vind deur werk, onderwys en gemeenskaplike ontwikkeling skryf Maryke Roberts.
Van die Flughafen na die Altstadt – ’n blitsbesoek aan Zürich
Die vliegtuig land vyf uur die middag op die Flughafen Zürich. Dit is ʼn spoglughawe met genoeg winkels en lughawe-sitkamers om jou ʼn paar ure besig te hou. Maar ons het besluit om ons sesuur-lange tussenstop beter te gebruik en die ou stad van Zürich te verken. Hier is hoe ons dit gedoen het!
Foto’s: Treffende fotosessie wil bewustheid kweek oor borskanker
“Ek wil nie weer lees van ʼn jong vrou wat jong kinders agterlaat omdat sy nie geweet het dat borskanker aan haar deur ook kan kom klop nie.”
Video: ‘Orkney’ se Van Tonders hou reünie
Die land se gunsteling Poeksie Woeksie en sy Wapsie Worsie en die res van die Van Tonder-gesin het die gehoor laat skater en snik.