“Ek is beslis nie spyt oor wat ek gedoen het nie.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Genadedood"
Wys genadedoodsaak van die hand, meen organisasie
“Hulle weet hulle staan nie ʼn kans in die parlement nie, en nou misbruik hulle die hof.”
Sterwende pasiënt, dokter getuig in genadedoodsaak
Suzanne Walter sal na verwagting getuig oor hoe sterwende pasiënte, wat genadedood verkies het, gely het.
Genadedood-aktivis gevonnis
Prof. Sean Davison is Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad gevonnis nadat hy op drie aanklagte van moord skuldig bevind is.
Nóg ʼn moordklag teen genadedood-prof
Dignity SA het bevestig Davison word nou ook aangekla in verband met die dood van Richard Holland in 2015.
Eerste Nederlandse dokter oor genadedood vervolg
Die dokter het na bewering die bejaarde se koffie met ʼn slaapmiddel gedokter en naasbestaandes gekry om die vrou vas te druk terwyl sy haar met ʼn dodelike middel ingespuit het.
Hof hoor genadedood-prof ‘het dit al meer as een keer gedoen’
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het in ʼn verklaring gesê dit het onder die polisie se aandag gekom dat Davison glo van plan was om Suid-Afrika gedurende September te verlaat.
Genadedood-aktivis vas vir moord
Prof. Sean Davison (57) het Dinsdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Twee vra vir genadedood
ʼn Nuwe saak vir genadedood begin eersdaags in die Johannesburgse hooggeregshof nadat ʼn dokter en haar pasiënt, wat albei terminaal siek is, gesamentlik aansoek gedoen het om die wet teen genadedood ongrondwetlik te verklaar.
Appèlhof sê oor genadedood in SA
Die hoogste hof van appèl het Dinsdag sy uitspraak gelewer ná ʼn laer hof ʼn terminaal siek pasiënt toestemming gegee het dat ʼn dokter hom kan help om selfmoord te pleeg.
Nog drie vra vir genadedood
Drie mense wat terminaal siek is, berei tans hofaansoeke voor om te versoek dat dokters hulle bystaan om wetlik hul lewe te beëindig.
Genadedood-saak: Aansoeker sterf natuurlike dood
Robin Stransham-Ford (65), ʼn voormalige advokaat van Kaapstad, is Donderdag, ure nadat die Pretoriase hooggeregshof sy aansoek om genadedood goedgekeur het, oorlede.
NVG gaan genadedood-uitspraak teenstaan
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê dat hy die hofuitspraak, wat ʼn terminaal-siek man die reg gee om met die hulp van ʼn dokter sy eie lewe te beëindig, sal teenstaan.
Hof sê ja vir man se genadedood
Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag ʼn man wat terminaal siek is die reg gegee om met behulp van ʼn dokter sy eie lewe te beëindig.
Terminaal siek man vra hof vir genadedood
Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag gehoor dat diere beter behandel word as mense tydens ʼn aansoek van ʼn man wat terminaal siek is en genadedood wil ontvang.
Jesus sou Tutu veroordeel oor uitlatings, sê CDP
Die Christen-Demokratiese Party (CDP) sê hy is oortuig daarvan dat indien Jesus nog op aarde was Hy emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ‘n “seun van satan” sou genoem het.
Tutu steun genadedood
Suid-Afrika se emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het Sondag gesê hy ondersteun genadedood vir terminaal siek mense.