Highveld Steel in Witbank (Emalahleni) skakel vandag vir die eerste keer sedert die enorme afleggingtragedie in 2015 ʼn gedeelte van die aanleg aan.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Highveld Steel"
Populisme en fopnuus lankal deel van vakbondwêreld
ʼn Vakbondpopulis benodig ʼn militante platform wat nie vrae vra nie. Bloukraagwerkers wat nou glo dat hulle uitgebuit word deur “wit kapitaliste”, bied die ideale platform, skryf Gideon du Plessis.
‘Highveld Steel-ooreenkoms goed vir ekonomie en gemeenskap’
“Dié plaaslike gemeenskap is vroeër vanjaar deur massa-afleggings, waarby 1 753 werknemers betrokke was, geraak. Hierdie ooreenkoms sal nie net die plaaslike gemeenskap ’n hupstoot gee nie, maar is ook ’n welkome inspuiting vir die Suid-Afrikaanse ekonomie”
Highveld Steel deur gierigheid en politieke gewin gekelder
Toe ek onlangs saam met ʼn emosionele Johan Burger, hoof uitvoerende beampte van Highveld, op die verlate aanleg rondstap, het die eerste anti-Suid-Afrika-politieke besluit my getref – Kusile word reg langs Highveld gebou met ingevoerde Chinese staal wat deur Highveld verskaf kon word.
Omgewingsake ontken skuld aan Highveld Steel
Die departement van omgewingsake het Sondag bewerings ontken dat hy die moontlike verkope van Evraz Highveld Steel en Vanadium gekelder het en sodoende veroorsaak het dat die maatskappy sy deure moes sluit.
VF Plus gryp in om Highveld Steel te probeer red
Die VF Plus het die voorsiter van die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid in ʼn skrywe versoek om dringend in te gryp in ʼn poging om die staalvervaardiger Highveld Steel van ondergang te red.
Highveld-afleggings: Vakbonde dring aan op ingryping
Solidariteit en die National Union of Mineworkers (Numsa) het aangekondig hulle sal alles in hul vermoë doen om ʼn dringende vergadering met pres. Jacob Zuma te reël sodat die regering kan ingryp om Highveld Steel se ineenstorting te voorkom.
Noodplan vir Witbank-afleggingskrisis
Die vakbond Solidariteit en Helpende Hand het ʼn noodplan van stapel gestuur om die 300 Solidariteit-lede in Witbank wat hul werk onlangs verloor het, by te staan. Dit volg ná die sluiting van die staalreus Highveld Steel, en Vanchem Vanadium Products.
Highveld Steel moet finaal sy deure sluit
Highveld Steel, die eens suksesvolle staalreus in Emalahleni (Witbank), sal binnekort finaal sy deure sluit.
Koop van Highveld Steel van die baan
‘n Chinese maatskappy, International Resources Limited (IRL), gaan nie meer die sukkelende staalmaatskappy, Highveld Steel, koop nie. Die vakbond Solidariteit voorspel donker tye lê voor vir werknemers.