Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Kia Sportage dieselmodel en VW se T-Roc.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "kia"
Kia se Sportage vier 30 jaar
Op die pad toer die Sportage lekker. Ritgehalte is soepel genoeg om gemaklik te wees sonder om padhouvermoë in te boet. Die is egter die spesifikasievlak in die binneruim wat beïndruk.
Wiele2Wiele vier Ford se eeufees en Kia Sportage se 30 jaar
In hierdie week se Wiele2Wiele-episode word Ford se 100 jaar in Suid-Afrika en die Kia Sportage se 30ste verjaardag gevier.
Wiele2Wiele ry met Range Rover Autobiography
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die Range Rover Autobiography en gaan saam met die familie op ʼn avontuur met Kia se Carnival.
Sportage ʼn wenner
Die nuutste Sportage is werklik mooi en Kia kon met ʼn waaghalsige ontwerp regkry wat Hyundai nie met sy Tucson kon nie.
Bussie beter as ʼn sportnuts
Die Kia Carnival bied meer spasie, meer sitplekke, min of meer dieselfde krag, maar teen ʼn heelwat beter brandstofverbruik, dieselfde prys en ʼn wesenlik verminderde risiko wat met die gewildste dubbelkajuitbakkies en sportnutsvoertuie gepaard gaan.
Wiele2Wiele raak grênd met Opel Grandland
Hierdie week tydens Wiele2Wiele gaan ry hulle met Opel se nuwe Grandland, gaan op ‘n onvergeetlike Kia Carnival-avontuur en die span ry besigheidsklas in BMW se luukse elektriese i7.
Wiele2Wiele leer Suzuki se Grand Vitara ken
Hierdie week bring Wiele2Wiele tyd met Suzuki se Grand Vitara deur en gaan ry met Volkswagen se nuwe Amarok 2.0 BiTDI-bakkie. Kia se nuwe Picanto, wat verseker die koppe gaan laat draai, is op pad en jy kan nou ’n gepantserde Mercedes-Benz V-Class kry deur SVI.
Sportage nou in dieselmodelle beskikbaar
Ná ʼn kort rukkie agter die stuur geniet mens die wringkrag wat ʼn turbodiesel bied. Ek persoonlik is gek oor die verbruik wat hulle bied, en in ʼn segment waar daar bitter min dieselmodelle nog beskikbaar is, sou ek vinnig ʼn diesel-Sportage opraap, terwyl mens kan.
Wiele2Wiele ry met nuwe Honda Civic Type R
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Honda Civic Type R en raak opgewonde oor Kia se pragtige Sportage wat nou as ’n dieselmodel beskikbaar is.
Wiele2Wiele verken Karoo met nuwe Fortuner en Seltos
Hierdie week verken Wiele2Wiele die Karoo se besonderse skoonheid van twee kante af – aan die een kant met Toyota SA en sy nuwe 2023 Fortuner en aan die ander kant, saam met Kia SA en sy Seltos.
Wiele2Wiele ry met Lexus se UX 250h
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Lexus se luuksste UX 250h kompakte sportnuts en vat ook die pad met die sewesitplek Honda BR-V. Hulle gesels oor Kia se ryke geskiedenis en dan kuier Justus Visagie in die ateljee – hy het die langpad van Johannesburg na Kaapstad met ’n elektriese BMW i4 M50 aangepak. Hulle gaan ry ook met ’n elektriese Silence S01-bromponie.
Wiele2Wiele ry met Kia se nuwe Sportage
Hierdie week vier Wiele2Wiele die 50ste bestaansjaar van Porsche Design met die 911 Porsche Design. Dit was die bekendstelling van Mahindra se splinternuwe XUV700 en hulle spandeer tyd met Kia se pragtige nuwe Sportage.
Wiele2Wiele gesels oor Golf R en Tiguan R
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Volkswagen se vinnigste Golf nog, die Golf R, en hulle ervaar ook die nuwe Tiguan R.
Spoggerige Sportage
Aanvanklik kyk ek na die prys en voel effens angstig, maar as ek na die Sportage se mededingers in die C-sportnutssegment gaan loer, is die Sportage beslis nie die duurste nie.
Wiele2Wiele se Jeanette in aksie by GR Cup
Hierdie week vir Wiele2Wiele rol die wiele weer vir Jeanette tydens die GR Cup. Daar is ook twee bekendstellings – Honda se BR-V het gegroei en die nuwe vyfde generasie Kia Sportage is hier.
Die ander minibusse kan gaan slaap
Hy trap perfek in sy spoor – amper so lig op sy voete soos ʼn sedanmotor. Ek weet eenvoudig nie hoe Kia dit reg kry nie.
Luister: Kia Carnival beïndruk die Wiele2Wiele-span
Hulle gaan ry ook met Toyota se Land Cruiser 79-dubbelkajuit-herdenkingsweergawe en ʼn opgeknapte Mahindra XUV300.
Wiele2Wiele: Hyundai se Staria Multicab bekendgestel
Hierdie week gaan Wiele2Wiele op hulle eerste bekendstelling vir 2022, met die Hyundai Staria Multicab. Hulle gaan ry ook met die Audi SQ5 TSFI Quattro en Kia se intreemodel die Sonet LX.
Kia kry ʼn sitplek aan die tafel met nuwe Sorento
Die materiale en funksionaliteit van die vorige Sorento het nie vir my in die betrokke prysklas gepas nie, maar met die nuwe Sorento is dit beslis nie die geval nie.