Hulle sê die pad na ʼn man se hart loop deur sy maag en ek reken dis redelik in die kol. En die pad na ʼn vrou se hart?Blomme. ’n Hele bos daarvan of selfs net een.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "kontreistories"
Kom ry saam na Namakwaland
Het jy al ooit gedroom om saam met ʼn groot groep vriende in ʼn veld vol blomme piekniek te hou? Kom kuier dan saam met Maroela Media in Namakwaland! Vanaf 9 tot 13 September 2020 toer ons met ʼn luukse bus deur die blomryke vlaktes van Namakwaland.
‘Kontreistories’ vier Afrikaans
ʼn Hanslam in die stad, ʼn plattelandse begrafnis met baie kore maar sonder ʼn herder, en ʼn fratsongeluk wat die “harsings” laat waai. Dis maar enkele van die stories wat jy sal hoor as jy kom saamkuier by Kontreistories, Maroela Media se storievertel-produksie by Aardklop vanjaar.
‘Kontreistories’: Dit gaan oor storievertel om ’n tafel
Maroela Media laat dié kuns van storievertel op vanjaar se Aardklop herleef met die produksie Kontreistories.
Luister: Johny Klein – Storievertel se hartklop by Aardklop
Volgens Johny Klein het hy hom nog nooit self as ʼn gebore storieverteller gesien nie. Maar wanneer hy sy mond oopmaak, vloei die stories byna organies uit sy mond en kan jy nie anders nie as om aan sy lippe te hang en weggevoer te word na ʼn wêreld waar dié stories jou realiteit raak.
Kontreistories: Die kuns van storievertel herleef by Aardklop
Hoe sal ons kinders ons stories onthou as ons dit nie aan hulle nie vertel nie? Kom sluit tydens Aardklop by Maroela Media aan waar ons die kuns van storievertel gaan laat herleef met ons produksie, “Kontreistories”.
Die weelde van ʼn onverwagse lekkerte
Eet en wees vrolik, want môre sterf, nee! Eet ons weer! En mag die heilsaamheid van lekker eet aan lekker kos nooit onderskat en geringgeag word nie!
Nou bedel ons almal Boontoe
Ons glo daar sal reën kom. Ons glo Namakwaland sal nog vanjaar weer blom. Ons glo ons hemelse Vader sien ons situasie, hoor ons smekinge. En ons 50 ℓ-kan sal ook nog weer volgetap word.
Boerebarok kraai koning in Plett
Dis ʼn fantasie. Dis die huis van ʼn kunstenaar. Dis haar heiligdom se deure wat sy hier vir jou oopmaak.
Betowerende boomskuilte
Wonders van klip en hout. Enorme glasmure wat die natuur na binne nooi.
Kyk nou, so ʼn bakkie!
Tot vandag toe wens Klein Kerneels hy kon weet waaroor hulle regtig so lekker gelag het … Sou hy ooit regtig weet?
Die oudwordraaisel
Dit wil vir my lyk of daar onder die in-jare-gevorderdes twee groepe is: Die een noem ek die onrealisties-idealisties-oudword-ontkennendes en die ander groep die realisties-oudword-aanvarendes.
Hoendermoord en hoendervreters
As daar nou hier op Riversdal een ding is waaroor baie stories te vertelle is, is dit oor die skade van ongediertes wat hoenders, ganse en eende vang. Daar’s omtrent niemand wat pluimvee aanhou wat nie van skade kan vertel nie.
Hoenderstories
As ek my weer kom kry, skryf ek oor hoenders. Dis ʼn familieding. My ouma, haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders, my neefs en niggies. Almal het die Maritzding: Ons vrek almal oor hoenders.
’n Oorvloed genade seën Boesmanland
Boesmanland het gebid toe daar maande lank geen reën kom nie. Daardie gebede is beantwoord, en die Boesmanland was dankbaar.
Die minder mooi neef
“Nou wat darem waar is, is wraggies wáár,” laat Oom Sopie hoor. Ons het hom dadelik geglo, wat dit ook al is waarvan hy gepraat het. Want wat Oom Sopie waar verklaar het, sal in geen hof betwis kan word nie.
Die geseënde boorgat
ʼn Boordery vir water is ʼn groot geleentheid in die Boesmanland. Die man wat dáár laat boor kan daarop staatmaak dat sy bure, van die eerste doef van die boormasjien af, tot wanneer die water – hopelik – eendag bó by die boorgat uitloop, almal sal belang stel in wat gebeur.
Op vlerke: Nuuskierige renosters en uitlaatgasse
Verder teen die Sabierivier op, van die plek waar ons die bobbejane sit en beloer het, tot anderkant Skukuza, was die veld baie rustig.
Maaik se Mouterbaaikdam
In die Boesmanland is die weer áltyd ’n gespreksaak. Dis nou een onderwerp wat ’n mens selfs met ’n wildvreemdeling kan aanvoor sonder om gevaar te loop dat jy dalk op sy tone sal trap.
Op vlerke: Nostalgie en die Nyamundwadam
Later jare, wanneer ons ná ʼn paar dae se oorbly in die Krugerwildtuin terug keer huis toe, het ons ondervind dat ons daardie laaste dag, soos ons nader aan die uitgangshek kom, al stiller raak. Dit was asof die besef ʼn mens al klaar weer laat verlang.