Vir sommige was daar ’n pragtige park op die wenslys, en vir ander die opknapping van ’n ikoniese toeristebestemming in die Klein Karoo.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Leah"
Luister: Leah sing oor klein jakkalsies in prettige popsnit
“Partykeer moet jy net ʼn treë terug gee en dit laat vaar. Solank jy bereid is om vir mekaar te baklei en nie met mekaar nie.”
Luister: Leah stof dansskoene af vir ‘Move aan’
“Of jy nou om die vuur kuier, ʼn vleisie braai of net lekker wil langarm – ‘Move aan’ sal jou partytjie behoorlik skop gee.”
André Schwartz hou konsert op sy plaas
“Op hierdie dag kombineer ek my groot liefdes – my plaas, diere en musiek. En saam met Leah wil ons die dag ook met aanhangers deel.”
Video: Topkunstenaars wil inspireer met bekende lied
Die video is in isolasie opgeneem en verwerk en is vandag (Donderdag) eerste op Maroela Media te sien.
Leah se jongste musiekvideo: ‘As vroue moet ons onsself onthou’
“Of dit nou in die werksplek of by die huis as vrou en mamma is – soms moet ons ʼn bietjie terugstaan en net weer onsself onthou.”
Nuwe pantomime met Leah, Reynardt Hugo op pad
Teaterliefhebbers kan hul tande slyp vir Doringrosie, die nuwe pantomime wat eersdaags in die Staatsteater in Pretoria op die planke gaan wees.
Leah hang haar plaasstewels op
Sy het opnuut nuwe respek vir die boere van Suid-Afrika gekry. “Hulle het soveel passie ondanks die moeilike tye en dit sal my vir ewig en altyd bybly.”
Leah: ‘Ek is wie ek is, vat dit of laat staan dit’
“Moenie verander vir enigiemand nie. Die mark en die bedryf vorm ʼn mens, en hulle het ʼn soort mens wat hulle wil hê jy moet wees, maar ek is wie ek is, ek kan nie verander nie.”
Video: Leah vertel oor ‘oulikste groep boere nóg’
Sy vertel ook van ʼn keer dat sy op ʼn plaas deur ʼn draadhekkie moes stap en dit ʼn klos van haar hare uitgepluk het.
Hubare boere kan nóú inskryf vir ‘Boer soek ʼn vrou’
kykNET is op soek na vanjaar se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die 12de seisoen.
Wen: Vier die liefdesmaand saam met Leah en Karin Kortje
Een gelukkige leser het die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na ʼn optrede van Leah en Karin Kortje by die Taalmonument.
‘Boer soek ʼn vrou’: Wie gaan saam plaas toe?
“Dis nie lekker om die meisies seer te maak nie,” het hy met trane in sy oë gesê.
Wat jy nie geweet het van ‘Boer soek ʼn vrou’ nie
Het jy al ooit gewonder hoe die logistiek agter die skerms van die program inmekaar steek, hoeveel kilometers die produksiespan moes aflê of hoeveel uitrustings Leah gedra het?
Leah verklap agter-die-skerms-staaltjies oor ‘Boer soek ʼn vrou’
ʼn Donkie en ʼn vlakvark het op Toanette se plaas gesorg vir groot konsternasie terwyl Leah op Johan se plaas ʼn bietjie meer gekry het as waarvoor sy gehoop het.
‘Susters’ maak skoonskip by loket tydens openingsnaweek
Die lys van teaters waar die fliek te sien is, is intussen ook uitgebrei.
Luister: ‘Susters’ gaan jou laat lag én huil
“Wanneer jy die fliek kyk, kan jy byna glad nie opmerk presies hóé koud dit was toe ons die fliek verfilm het nie,” vertel Diaan. “Dit was vrek koud. Ná lang tye op stel begin jy amper sukkel om te fokus omdat dit so geweldig koud is.”
‘Boer soek ʼn vrou’: Leah se prettigste, uitdagendste rol nóg
“Toe ek die nuus gehoor het, wou ek so hard moontlik skree. Dit was so frustrerend, want ek kon nie skree nie aangesien ek my stem moes laat rus. Maar dit was ʼn groot oomblik; ek het uitgebars in trane en verskriklik emosioneel geraak.”
Video: Sterre sê oor kaskenades met hul sibbes
Maroela Media het by ʼn paar Afrikaanse bekendes gehoor watse kaskenades hulle met hul eie boeties en sussies aangevang het. Die sterre van die fliek het ook ʼn paar snaakse oomblikke op stel verklap.
Foto’s: Afrikaanse sterre kuier saam by ‘Susters’-première
Susters vertel die verhaal van drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en met die afsterwe van hul ma op ʼn ontdekkingsreis gaan.