Die seun en skoondogter van ’n lid van die KwaZulu-Natalse wetgewer is onder die oorledenes.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "N3"
Vyf sterf op N2
Paramedici was vanoggend reeds op ’n ongelukstoneel op die N2 doenig toe hulle inligting ontvang het oor ’n gru-motorongeluk nie ver daarvandaan nie.
N3 gesluit ná oliestorting
Die sluiting het groot verkeersopeenhopings en vertragings tot gevolg.
N3 weer oopgestel vir verkeer
Hoewel die N3-Suid vir verkeer heropen is, kan motoriste steeds uitgebreide verkeersopeenhopings verwag.
N3 gesluit ná skadelike stof mors
Motoriste was teen Vrydag 10:00 reeds langer as 12 uur op die N3 buite Durban vasgekeer, terwyl spanne die stof probeer opruim.
N3 by Van Reenenspas eindelik oopgestel
Die Padvragvereniging pleit in ’n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa: “Neem die bestuurders wat medepligtig is aan hierdie optrede in hegtenis.”
N3 by Van Reenenspas tot stilstand gedwing
Motoriste word nou aangeraai om dié roete te vermy.
16 sterf toe taxi brand; kind oorleef
’n Sewejarige seuntjie is die enigste oorlewende insittende van die taxi nadat sy ma hom deur ’n venster na buite gedruk het.
Talle sterf toe vlamme taxi verswelg
“By die nooddienste se aankoms op die toneel het die brand reeds na ander voertuie versprei en die taxi met al sy insittendes verswelg.”
Motoriste gewaarsku oor swaar verkeer, nat pad
Motoriste wat die landpad die langnaweek wil aanpak, word gemaan om hul reis met ekstra omsigtigheid te beplan.
Druk verkeer op paaie vir Desember verwag
Tussen 71% en 80% van ongelukke wat tussen Januarie en Oktober vanjaar op die N3-tolroete aangemeld is, is weens bestuurders se nalatigheid.
Verkeer staan steeds stil op N3
Daar is tans nie enige aanduiding wanneer verkeersopeenhoping opgelos sal wees nie.
Groot oponthoud weens versperring op N3
Vragmotorbestuurders het net voor 06:00 hul vragmotors dwars oor die snelweg getrek en die sleutels uit die voertuie verwyder.
Tien dood, 50 beseer ná bus rol
Soos die bus gerol het, is mense uit die voertuig geslinger.
Druk verkeer dié langnaweek verwag
Tydens spitstye kan verkeer met tot meer as 1 500 voertuie per uur toeneem.
Pad gesluit ná trok met kookolie omslaan
Groot verkeersopeenhopings heers nou op dié pad, wat daagliks deur sowat 6 000 vragmotors gebruik word.
N3 weer oop
Organisasies sou met ʼn gewapende konvooi goedere na KwaZulu-Natal vervoer indien dié snelweg nie teen Sondag heropen het nie.
Trokdrywer brand erg ná ongeluk
Een van die vragmotors het na die ongeluk aan die brand geslaan.
7 dood in gru-botsing op N3
Al sewe oorledenes was insittendes van ’n bakkie wat ook in die ongeluk betrokke was.
Jordan loop, praat weer ná gru-ongeluk
Jordan Marais se ma, stiefpa en broer het in Januarie in ʼn ongeluk naby Harrismith gesterf.