Die DA het ʼn petisie met amper 32 000 handtekeninge tydens die sitting van die parlementêre komitee ingedien en geëis dat die projek ondersoek word.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Nathi Mthethwa"
Taalmonument: ‘Afrikaans bly’, sê minister
Die minister blyk om in die lig van weke lange hewige kritiek oor die beweerde naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument nou ’n “U-draai van 180 grade” te maak.
Dringende vergadering met minister versoek oor Taalmonument
“Dit is veral duidelik dat die minister van kuns, kultuur en sport geen snars verstaan van kuns, kultuur of sport nie en net nog ʼn kader is vir wie plek op die soustrein gekry moes word.”
Reusevlag van R22 miljoen ‘ongevoelig’
Die departement van sport, kuns en kultuur moes bontstaan om vrae oor die peperduur vlag te beantwoord, maar hou vol hy het genoeg geld om vir die reusevlagpaal te betaal en dat dit werksgeleenthede gaan skep en toeriste gaan lok.
Spele: Só lyk medaljewenners se prestasiebonusse
Min. Mthethwa het gesê medaljewenners se afrigters sal ook beloon word.
Mthethwa wil KSA se finansiering, erkenning terugtrek
Die minister van sport wil ingevolge wetgewing sy magte gebruik om Krieket Suid-Afrika (KSA) nie langer te erken as die beheerliggaam van krieket in die land nie.
Mthethwa skitter glo in afwesigheid midde sitstaking
’n Groep kunstenaars beset al 35 dae lank die Nasionale Kunsteraad se kantoor. Die minister het ondanks verskeie oproepe nog nie die groep te woord gestaan nie.
Nuwe naam vir PE, twee lughawens
Uitenhage en King Williams’s Town het ook nuwe name.
Kommer oor geskiedenis as verpligte skoolvak
AfriForum sê hoewel hy sterk daaroor voel dat gemeenskappe hul geskiedenis beter moet ken en waardeer, kan dit as verpligte vak in skole ʼn eensydige beeld van die verlede voorhou.
Mthethwa dreig KSA met ‘sanksies’
ʼn Oënskynlik woedende Mthethwa sê hy is uiters ontsteld en teleurgesteld oor die besluit dat die tussentydse raad verwerp word.
‘SA se onderdrukte meerderheid steeds kulturele minderheid’
Minister Nathi Mthethwa sê die vraag is of alle standbeelde wat as aanstootlik beskou word weens kolonialisme en apartheid vernietig moet word en of die standbeelde net minder prominent moet wees deur hulle na temaparke te verskuif.
Minister vaar uit na hof teen Caster beslis
Nathi Mthethwa, die minister van sport, kuns en kultuur, meen die geveg rondom Caster Semenya se deelname aan wêreldatletiek is nog lank nie verby nie.
Mthethwa sê hy gaan nie teen spelers optree
Mthethwa is in die parlement gepols oor sy reaksie op die spelers wat nie die knie vir BLM gebuig het nie asook waarom daar soveel druk op sportverenigings geplaas word om te transformeer.
DA: ‘Mthethwa besig met heksejag, verdeel Suid-Afrikaners’
Mthethwa loop erg deur sedert hy Maandag gesê het hy is nie gelukkig met dít wat hy in Engeland gesien het nie.
Solidariteit sal sportlui bystaan teen intimidasie oor BLM
Mthethwa se gedrag lê geheel en al buite die bevoegdheid van ministers en maak inbreuk op hierdie spelers se vryheid van spraak, oortuigings en geloof.
Sportminister se dreigemente oor BLM-kniebuiging ‘ongrondwetlik’
“Suid-Afrika se Grondwet maak voorsiening vir vryheid van assosiasie en indien die minister dink hy kan deelnemers aan sport of enigiemand anders verplig om voor BLM te buig, onderwerp hy hulle aan Marxisme.”
Mthethwa gekap oor kritiek op SA spelers wat nie die knie buig
AfriForum meen niemand hoef die knie te buig óf die Black Lives Matter-beweging te steun om rassisme te beveg nie.
Minister soek duidelikheid ná SA spelers nie die knie buig
Mthethwa is nie gelukkig met dít wat hy in Engeland gesien het nie.
Spertyd vir kommentaar op nuwe sportwet verleng
Groot onduidelikheid het aanvanklik geheers oor die spertyd vir kommentare op die voorgestelde sportwet.
Ontstoke kiesers trap minister uit oor dienslewering
Woedende inwoners het hom vertel hulle is keelvol daarvoor dat die ANC-regering hulle afskeep en net onthou wanneer dit tyd raak om hul kruisies te trek.