As jy belangstel in die politiek of as die land se maatskaplike kwessies jou na aan die hart lê, behoort Venter se boek hoog op jou moet-lees-lysie te wees.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "nie-fiksie"
Foto’s: Omvattende boek oor Eerste Vryheidsoorlog bekendgestel
Praat jy van die Eerste Vryheidsoorlog dink mense dadelik aan die legendariese Slag van Majuba. Min mense besef egter die veldslag van Laingsnek was eintlik die belangrikste gebeurtenis in dié oorlog waar Boer en Brit slaags geraak het. Die historikus dr. Jackie Grobler meen dit is hier waar die Boere die Britte gestuit en onder druk geplaas het.
Afrikaanse vrou, tydskrifwese kom in ‘Gedenkboek’ onder loep
Die Boerevrou is van Maart 1919 tot Desember 1931 in Pretoria onder die redakteurskap van die eienares, Mabel Malherbe, uitgegee. Dié tydskrif was die voorloper van die bekende Sarie en was besonder gewild onder lesers.
Vat hande oor toekoms van Afrikaans
Prof. Philip Spies, ʼn toekomsnavorser aan die Universiteit Stellenbosch, se boek ‘Afskeid van ʼn volk – Op soek na ʼn toekoms’ stel dwingende vrae oor die pad vorentoe vir Suid-Afrika en sy mense.
‘Steinhoff-hoof se uittrede kan vertroue herstel’
“Dit is beter vir die groep dat hy gaan. As Steinhoff enige kans wil hê om hierdie ramp te oorleef, moet die groep alles doen om beleggersvertroue en die vertroue van die publiek te herwin.”
Boekehoek: Recce-beginsels werk!
Het jy nog altyd gewonder hoekom jou organisasie sommige projekte en take suksesvoller afhandel as ander? Dit mag dalk iets te doen hê met die grootte van die span wat die projek hanteer het.
Boek: Uit die Beek 2019
Die jongste Bybelse dagboek in die klassieke “Uit die Beek”-reeks deur die bekroonde skrywer Barend Vos het pas verskyn.
Boek: Kweek kinders met heel harte
Kweek kinders met heel harte is ’n praktiese gids om jou kind reg groot te kry in vandag se tye – na siel en gees. Ouerskapkenner Hettie Brittz kyk indringend na kwessies soos die versorging van jou kind se liggaam, siel en gees, selfbeeldontwikkeling, die kweking van goeie karakter, die afleer van slegte gewoontes en die hantering van swak karaktereienskappe.
Boek: Uit die Beek 2018
Vanjaar verskyn die klassieke “Uit die Beek” met ’n nuwe invalshoek en uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos.
Boek: Confessions oor kerkwees
Jaco Strydom se boek, “Confessions oor kerkwees”, is sopas vrygestel en is ’n samestelling van sy skryfwerk soos dit in verskeie publikasies verskyn het – aanlyn en gedruk. “Dit sal jou uitdaag, roer en diep aan die dink sit,” sê Stephan Joubert oor die boek.
Boek: Verhoudings onder druk
Wat is my rol in verhoudings? Hoe kan ek gelukkige en volhoubare verhoudings skep? Hoe kan ek my kollega, ouer, kind, huweliksmaat of vriend beter verstaan? Wat kelder my verhoudings met ander? In “Verhoudings onder druk: 13 beginsels wat maak dat verhoudings slaag of misluk” gee die sielkundige Ronel du Toit praktiese riglyne om verhoudings suksesvol aan te pak.
Waarom haak mense se koppe uit?
Wat maak dat hierdie oortreders só wreed teenoor hulle slagoffers optree? Hoekom sê hulle dikwels na die tyd dat hulle dit nie bedoel het nie, of dat hulle nie die persoon wou seermaak nie? Is daar hoop vir hierdie mense – sal hulle ooit kan rehabiliteer?
Boek: Stil oomblikke met God – vir jong vroue
Verryk jou geestelike reis en ontdek presies hoe lief God jou het wanneer jy elke dag ’n stil oomblik saam met Hom deurbring.
Boek: In Christus Alleen
“In Christus alleen” kyk na die historiese erfenis van elke sola. Dit doen ’n diepgaande ondersoek na wat elk van die solas behels en hulle praktiese implikasie vir hedendaagse Christene.
Boek: Geskenk van genade
Die geliefde skrywer Nina Smit stap in “Geskenk van genade” vir 366 dae saam met vroue om hulle te verseker van God se teenwoordigheid en grenslose genade. Sy inspireer vroue om elke dag voluit te leef en die klein jakkalsies van die daaglikse lewe met grasie wat van God af kom, eenkant toe te stoot.
Boek: Op vlerke van geloof
In “Op vlerke van geloof” breek Riekert Botha die Woord oop sodat ons Jesus – die kern van ons geloof – werklik kan leer ken.
Boek: Die dood en die lewe hierna
Die boek is ’n kombinasie van dr. Isak Burger se vorige topverkoperboeke, Die laaste 5 minute voor die dood, Die eerste 5 minute na die dood en Die eerste 5 minute in die Hemel. Nou vorm dit jou 3-in-1-gids met al die antwoorde oor wat gebeur net voor en net ná die dood en hoe dit in die hemel sal wees.
Boek: By waters van rus
Te midde van die daaglikse gewoel van die lewe hunker ’n mens na ’n oomblik wanneer jy net stil kan word by jou Here.
Boek: Die Spreuke 31-vrou
Miskien het jy nog altyd baie vinnig by Spreuke 31 verbygeblaai. Wow! Daardie Bybelse supervrou laat jou darem baie minderwaardig voel. Sy werk van die môre tot die aand en doen alles perfek. Hoe hou sy al die balle in die lug? Die ergste is, jy ken vroue wat dit regkry!
Boek: Ek wil. Ek kan. Ek sal.
Leer by die kenners hoe om vir altyd klaar te maak met die verlede en tot aksie oor te gaan. Sien jou moeilike situasie eerder as ’n geleentheid en ’n uitdaging vir groei.