Dirk (69) en Lettie Pretorius (56) het omstreeks 12:00 ná ʼn kerkdiens by hul huis aangekom toe drie verdagtes op hulle toegeslaan het.
Alles vir die sleutelwoord "Noordwes"
‘Premier moenie betrokke wees by ondersoek’
“Daarom sal Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, se deelname aan ʼn forensiese ondersoek na ʼn saak waarby hy moontlik betrokke is beslis die proses van geloofwaardigheid beroof.”
Ma vergiftig glo eie baba
Toe die ma besef dat die dogtertjie nie beweeg nie, het sy haar ma gebel. Die ouma het haar met die baba na ʼn plaaslike hospitaal gehaas, waar die baba dood verklaar is.
Hof hoor oor Marikana-man se gru-moord
Die hooggeregshof in Noordwes het Woensdag skokgetuienis aangehoor oor die grusame dood van ʼn 39-jarige man in Desember 2016 in Marikana-Wes wat vermoedelik tydens ʼn geskil oor laekoste-behuising vermoor is.
Skoolkamp eindig in tragedie
“Die voorval het op die kampterrein [waar die leerders tuisgegaan het] plaasgevind.”
Pasgebore baba dood aangetref
Die babadogtertjie was naak en reeds dood.
Verdagte ná inbraak doodgeskiet
ʼn Verdagte is vandeesweek in Rustenburg doodgeskiet nadat daar by ʼn onderneming wat motoronderdele verkoop ingebreek is.
Twee swaar gestraf ná wrede moord, verkragting
Hulle het die deur oopgemaak en die liggaam van die man in die huis ingesleep nadat hulle hom doodgeskiet het.
Zeerust-aanval: ‘Die Here se hand was oor hom’
Sy aanvallers wou hom met sy eie haelgeweer skiet, maar die geweer het nie afgegaan nie. Hulle wou hom toe met ʼn strykyster martel, maar dit het met die aanskakel ʼn plofgeluid gemaak en wou nie werk nie.
Bejaarde koster kritiek ná aanval op Zeerust
Toe die kerkklok in die Noordwes-dorpie Zeerust nie Sondagoggend gelui het nie, het dit ʼn gemeentelid na die huis van Jan McDonald gelei waar hy in ʼn kritieke toestand aangetref is.
Betogers dreig om Rustenburg-hof af te brand
Rustenburg se middestad is Vrydag tot stilstand gebring deur betogers wat gedreig het om die landdroshof af te brand waar ʼn groep Nigeriërs verskyn het.
Ondersoek na brand by skool vir dowes afgehandel
Die Menseregtekommissie (MRK) het sy ondersoek na die dodelike brand twee jaar gelede by die Noordwes Sekondêre Skool vir Dowes in Leeudoringstad afgehandel en sy bevindinge bekend gemaak.
Konstabel dood langs pad aangetref
“Die liggaam van ʼn 23-jarige konstabel is met veelvuldige steekwonde aangetref.”
Twee beseer in ligtevliegtuig-ongeluk
Twee mans is Saterdagoggend beseer tydens ʼn ligtevliegtuig-ongeluk in ʼn natuurreservaat in Rustenburg.
Aanvallers ‘vrolik’ ná hulle man vir dood agterlaat
Vermoedelik ses persone, wat die 35-jarige Willem Joubert Dinsdagaand op ʼn plaas naby Broederstroom in Noordwes aangerand en geskiet het, is glo in ʼn vrolike luim weg van die toneel.
Man geslaan, geskiet op Noordwes-plaas
Die aanvallers het hom vermoedelik in die huis probeer insleep, maar tou opgegooi en hom langs die swembad vasgebind.
Twee in Noordwes sterf weens listeriose
“Ons het een pasiënt in Klerksdorp verloor en nog een in Rustenburg. Nog ʼn persoon is in ʼn hospitaal in Klerksdorp opgeneem.”
Man gebyt, met mes gesteek op plaas
Die twee verdagtes wat vasgetrek is, is vroeër op borgtog vrygelaat nadat hulle op aanklagte van moord en huisroof in hegtenis geneem is.
Burgemeester se R1 miljoen oorsese reis geweier
Die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes het Woensdag ontken dat die burgemeester en munisipale bestuurder meer as R1 miljoen sou spandeer op ʼn oorsese reis.
Radio-omroeper in ateljee deur rowers aangehou
“Die omroeper is aangehou in die regstreekse ateljee, vasgebind en geblinddoek.”