Dié seekoeibul het vroeër die maand uit die Valsbaai-natuurreservaat ontsnap om van die dominante bul in die trop te vlug.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Omgewingsake"
Kunsmatige intelligensie help om wilde diere te red
Bager het gesê talle ander strategieë om dié bloedvergieting op Brasiliaanse paaie te stop, het al misluk.
Klimaatsverandering: Wynboere voer stryd teen tyd
Van Australië en Kalifornië, tot Frankryk, Spanje en Italië – produsente in wynproduserende streke wêreldwyd is gewikkel in ʼn stryd teen tyd om aan te pas by klimaatsverandering wat die druiwe raak. Die suidste punt van Afrika is geen uitsondering nie.
Bejaarde toeris sterf toe olifant voertuig bestorm
ʼn Ysingwekkende video waarin gesien kan word hoe die olifant op die voertuig afpyl en dit uiteindelik omgooi, word tans wyd op sosiale media versprei.
Polisie, weermag wag vissers op Weskus in
Hoewel daar sowat 12 000 kleinskaalse vissers in Suid-Afrika is, het die departement van bosbou, visserye en omgewingsake net 377 vaartuigpermitte aan dié bedryf uitgereik. Gemeenskapslede sê vissers se regte beteken niks as hul bote nie op die water mag wees nie.
20 jaar tronkstraf vir Krugerwildtuin-stroper
ʼn Renosterhoring en vuurwapens is destyds in die stroper se besit gevind.
Sukkelende rioolaanlegte ‘besoedel’ Valsbaai
Data van die departement van waterwese se geïntegreerde regulerende inligtingstelsel (Iris) toon dat die Kaapse Vlakte-afvalwaterbehandelingswerke die afgelope ses jaar versuim het om rioolvuil volgens minimum standaarde te behandel.
Talle eksotiese diere in Oos-Rand-woongebied gevind
Die wolwe wat op die betrokke eiendom aangetref is, het ondervoed gelyk.
Ondersoek in Krugerwildtuin ná wildkykvoertuig vlakvark doodry
Besoekers aan die wildtuin het die voorval op Facebook aangemeld nadat hulle glo geen behoorlike reaksie op die klagte ontvang het nie.
Ses bedreigde wildehonde vergiftig
Natuurbewaringsgroepe sê vergiftiging is ʼn onwettige metode wat gebruik word om roofdiere uit te roei. Dit ondermyn nie net bewaringspogings nie, maar veroorsaak enorme lyding vir dié diere.
Groot vonds toe Kaapse polisie toeslaan op winkel met ‘tradisionele medisyne’
Wetstoepassers het op 29 sakke boombas, ʼn olifantpoot, jakkalsvelle en ʼn ottervel beslaggelê.
Ervare KZN-veldwagter sterf in seekoei-aanval
SP Mthembu het aan sy beserings beswyk terwyl hy op hulp gewag het.
Sanitasiekrisis ‘amper by omkeerpunt verby’
Miljoene mense in Suid-Afrika maak steeds van emmers en putte gebruik omdat hulle nie toegang tot veilige toiletgeriewe en sanitasie het nie.
SA stuur af op ernstige waterkrisis – verslag
Uit 140 getoetste rioolafvalwaterbehandelingswerke in die land, voldoen slegs 19% aan die minimum standaarde.
Namibië sê ja vir uitdunning van derduisende pelsrobbe
Die uitdunning van robbe is lank reeds ʼn omstrede kwessie in Namibië, met diereregtegroepe wat die praktyk as wreed beskryf.
Berugte renosterstropingsbende gevonnis
Die mans is almal Zimbawiese burgers waarvan net twee wettig in Suid-Afrika gewoon het.
Foto’s: Koop ʼn ete vir dié skattige tierboskatjies
Die dierehospitaal het die #OneMeal-veldtog begin om geld vir die tierboskatjies se voeding in te samel.
Loodvrye ammunisie kan help om aasvoëls te bewaar
“Loodvergiftiging het die Amerikaanse kondor bykans heeltemal uitgewis. Ons kan nie toelaat dat dit in Suid-Afrika plaasvind nie.”
Seeskilpadsentrum vra hulp met broeilinge
“Ek bewonder lede van die publiek en die reddingsnetwerk vir hul toewyding. Dikwels sal mense twee ure in die nag vanaf die reddingstrand na Kaapstad ry om die diertjies lewendig aan ons te besorg.”
Kunstenares wys haar eko-omgee met natuurlike rots
Haar liefde vir die planeet en die natuur vind uitdrukking in haar kuns. Die geleerdes noem dit eko-wetenskap, maar Hannelie Coetzee roep haar kunsvorm, ekokuns.