Dis twee hofsake en byna ʼn maand later, maar 2017 se Oos-Kaapse Super 12-reeks het uiteindelik ʼn wenner.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Oos-Kaapse Super 12-liga"
Super 12-liga: Die berg baar toe ʼn muis
Die berg het toe eintlik maar ʼn muis gebaar met die oorspeel van die Oos-Kaapse Super 12-reeks se halfeindstryd Donderdag.
Halfeindstryd oorgespeel ná hofgeding
In ʼn haas ongehoorde stap word een van die wedstryde in die halfeindronde van die Oos-Kaapse Super 12-reeks Donderdag oorgespeel nadat een van die partye hom tot die hof gewend het.
Tweede hofskok ruk Oos-Kaapse spogreeks
ʼn Tweede hofskok het die Oos-Kaapse Super 12-reeks, die toonvenster van klubrugby in dié provinsie, Saterdag tot stilstand geruk.
Kampioene slaags in Oos-Kaapse eindstryd
Saterdag se eindstryd in die Oos-Kaapse Super 12-reeks bied vanjaar ʼn ware kragmeting van kampioene.
Strawwer halfeindstryde kon Oos-Kaap kwalik vra
Vir ʼn strawwer halfeindronde as Saterdag sʼn in die Super 12-reeks kon die Oos-Kaapse rugbygemeenskap kwalik vra.
Hoe sal stryd van veld af Super 12 beïnvloed?
Dis ʼn ope vraag hoe die afgelope twee weke se stryd van die veld af Saterdag se halfeindstryd in die Oos-Kaapse Super 12-reeks sal raak.
Super 12 gaan voort ná hofbevel, twee uitstelle
Die halfeindronde van die Oos-Kaapse Super 12-reeks gaan Saterdag uiteindelik voort nadat dit twee keer uitgestel is, onder meer vanweë `n hofbevel.
Hofbevel stuit Oos-Kaapse Super 12 se halfeind
Die halfeindronde van die Oos-Kaapse Super 12-reeks is die tweede agtereenvolgende Saterdag uitgestel nadat die heersende kampioen `n hofbevel in dié opsig verkry het.
Super 12 beloof spannende halfeindstryde
Die Oos-Kaapse Super12-reeks beloof twee spannende kragmetings wanneer die halfeindronde Saterdag op Uitenhage en New Brighton beslis word.
Stryde ten bloede in Super 12-reeks te wagte
In die Oos-Kaapse Super 12-reeks kan `n paar stryde ten bloede in Saterdag se laaste rondomtalie-wedstryde verwag word.
Despatch die teleurstelling van Super 12-reeks
Die eens magtige Despatch is gewis die teleurstelling van vanjaar se Oos-Kaapse Super 12-reeks en dit lyk of hy op sy swakste seisoen in jare afstuur.
Twee kwaai botsings in Super 12-liga te wagte
Twee kwaai botsings kan Saterdag verwag word wanneer die Oos-Kaapse Super 12-reeks se voorlaaste ronde voor die uitspeelstryde afgehandel word.
Swallows al swaeltjie wat somer maak vir Grens
Swallows was Saterdag die enigste swaeltjie wat ʼn bietjie somer vir Grens in die Oos-Kaapse Super 12-reeks kon maak.
Speler van dubbele kampioen sterf ná driekuns
`n Rugbyspeler van die dubbele kampioen Gardens, het Saterdag na afloop van die klub se wedstryd teen Cambridge, gesterf.
Super 12: naelskraap vir onoorwonne status
Die twee onoorwonne spanne in die Oos-Kaapse Super 12-liga het Saterdag in albei gevalle hul status in wegwedstyde met `n enkele punt behou.
Vonke kan spat in Oos-Kaapse Super 12-reeks
Die vroeë aanduiding is dat die vonke kan spat in vanjaar se Oos-Kaapse Super 12-reeks, met net een van die eersterondewenners wat in die tweede ronde weer bo was.