Die SA Rugbyunie (Saru) het Donderdag in Kaapstad aangekondig dat die Southern Kings ná meer as twee jaar onder sy bestuur terug in plaaslike hande geplaas is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "OPRU"
OP keer terug na ou olifant-embleem
In teenstelling met die Blou Bulle wat vanjaar hul beroemde madeliefie op die ashoop gegooi het, is die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) glo besig met stappe om die bond se oorspronklike olifant-embleem in ere te herstel.
Cheeky Watson dán verhoor oor bedrog
Cheeky Watson, voormalige rugbybaas van die Oostelike Provinsie, se datum vir verhoor op aanklagte van bedrog en geldwassery is vasgestel.
R15 miljoen, drie PE-toetse in vier jaar om OP te red
Drie toetse in vier jaar. Dít is wat SA Rugby aan die OP Rugbyunie (OPRU) beloof het om hulle te help regruk na die gemors waarin Cheeky Watson se onbevoegde administrasie hulle laat beland het.
Trane rol in die Baai, maar nie oor verkiesing
Dis `n ramp vir Suid-Afrikaanse rugby, maar dink die rugbybase ook so?
`Klubrugby staan terug vir ANC en verkiesing’
Klubrugby in Port Elizabeth staan blykbaar Saterdag terug vir die bekendstelling van die ANC se manifes vir die komende munisipale verkiesing.
OP: Afgeronde Polisie klink studente se doppie
Port Elizabeth Polisie het met goeie, afgeronde spel beïndruk en die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se doppie Vrydag in `n vriendskaplike wedstryd geklink.
OP-liga: vir Blitsbok se Valers is dit Beker of niks
Missionvale in die Oos-Kaap, die heimat van die Blitsbok Cecil Afrika, stel sy visier vir 2016 baie hoog.
Hoekom in die hof en nie op die rugbyveld nie?
Dis bitter jammer dat `n rugbyliga in die hof eerder as op die rugbyveld uitgespook moet word soos sake nou in die Oostelike Provinsie dreig om te gebeur.
GB: `OP-geskil lankal in Polisie-guns besleg’
Die dispuut oor wie die Oostelike Provinsie in die oop klubs se reeks om die Goue Beker moet verteenwordig, is verlede jaar al in Port Elizabeth Polisie se guns besleg, sê die klub se voorsitter, Danie Gouws.
Super12: Ses uit ses vir OP-klubs
Die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) kon nie vir `n beter eerste ronde Saterdag in die Oos-Kaapse Super12-reeks vra nie, met al ses sy spanne wat wat hul teenstanders van die Grens-rugbyunie (GRU) getroef het – al was party seges net-net.
Ontstoke Despatch dreig met hof oor Goue Beker
`n Erg ontstoke Despatch dreig om die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) hof toe te vat nadat die klub met skok op Facebook verneem het hy neem nie vanjaar aan die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker deel nie.