Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Porsche se Cayenne S – die klank van hierdie 4.0L V8 met twee turboaanjaers, sal beslis vir jou hoendervel gee. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se Vitz en gesels oor die 2024 Dakar-veldtydren.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "porsche"
Puik Porsche se nuwe Cayenne peperwarm
Die terugkeer van die V8 is fantasties en die nuwe Cayenne het beslis meer karakter as die vorige V6.
Wat is u noodgeval? Ek soek ʼn Porsche 911
Daar is eenvoudig geen ander voertuig wat my só laat voel nie, skryf Brendon Staniforth nadat hy onlangs Porsche se 911 Targa GTS onder hande gehad het.
Wiele2Wiele ry met Kia se nuwe Sportage
Hierdie week vier Wiele2Wiele die 50ste bestaansjaar van Porsche Design met die 911 Porsche Design. Dit was die bekendstelling van Mahindra se splinternuwe XUV700 en hulle spandeer tyd met Kia se pragtige nuwe Sportage.
Wiele2Wiele vier Cayenne se 20 jaar
Hierdie week vier Wiele2Wiele Porsche Cayenne se 20 jaar en spandeer tyd met die nuwe Jeep Grand Cherokee L. Hulle probeer die vraag beantwoord oor hoekom voertuie deesdae so dieselfde lyk en vir 2Wiele bring hulle vir jou al die jongste nuus uit die bedryf.
Porsche se Cayenne vier 20 jaar
Nie nét kan die Cayenne sy sokkies optel en snol nie, maar sy padhouvermoë is pure plesier en pret.
Wette van fisika geld nie hier
Dit is 471 kW, 850 Nm, 0‑100 km/h in 3,3 sekondes en 300 km/h voluit.
Beste motor op aarde
Die 911 GT3 bied 375 kW en 470 Nm. Van 0 – 100 km/h neem ʼn blitsige 3,4 sekondes, en hy sal aanhou draf tot ʼn fantastiese 320 km/h.
Wiele2Wiele ry met GR Yaris en Eclipse Cross
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor “GTS” se ryk geskiedenis met die bekendstelling van die nuwe Porsche 911 GTS-reeks. Hulle spandeer ook kwaliteittyd met Toyota se GR Yaris-buksie en gaan ry met die Mitsubishi Eclipse Cross.
Die beste 911 in die reeks?
Dit is bitter maklik om die GTS op te som. Dit is waarskynlik die beste 911 in die reeks, en nog ʼn treetjie vooruit vir 911.
Wiele2Wiele ry met Macan en X3
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die splinternuwe Porsche Macan en met die BMW X3.
Porsche se Macan – ’n pragtige, kompakte sportnuts
Die Macan, Macan S en Macan GTS. Dit is Porsche se nuwe Macan III-reeks.
Wiele2Wiele deel ‘n Porsche 911 ‘Paint your Passion’-droomstorie
Hierdie week deel Wiele2Wiele ‘n Porsche 911 ‘Paint your Passion’-droomstorie en gaan ry ook met Volkswagen se nuwe Tiguan en Hyundai se Santa Fe.
Porsche, Audi en Mitsubishi stel nuwe modelle bekend
Mitsubishi het sy Eclipse Cross opgeknap, Audi het ‘n nuwe A3 en Porsche het pas sy sportiefste Macan bekendgestel.
Hoekom die elektriese toekoms piekfyn is
Elektriese motors is lieflik om mee saam te leef. Hul loop laat dit klap, en die slegte eienskappe is besig om teen ʼn goeie pas te verdwyn.
Wiele2Wiele ry met die Porsche 718 Spyder, Hyundai se nuwe Kona
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die Porsche 718 Spyder en Hyundai se nuwe Kona.
Porsche bult sy spiere
Daar is pas nuwe modelle oorsee en plaaslik bekendgestel én ʼn nuwe rekord is opgestel vir die vinnigste sportnutsvoertuig om die Nürburgring-renbaan in Duitsland.
Wiele2Wiele gesels oor die vol-elektriese Porsche Taycan
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Porsche se vol-elektriese Taycan.
Die vinnigste Porsche 911 óóit
Van 0-100 km/h in 2,8 sekondes.
Wiele2Wiele gesels oor nuwe VW Amarok
Wiele2Wiele ry hierdie week met ‘n wolf in skaapsklere – VW se nuwe Amarok V6-bakkie, asook met die Audi A4 35 TFSI.