Die verwagting is dat die 74-jarige Gordhan, ʼn veteraanpolitikus, ná die algemene verkiesing op 29 Mei uit aktiewe politiek sal tree.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Pravin Gordhan"
Planne om staatsondernemings reg te ruk misluk g’n – Gordhan
Die minister sê daar is klinkklare planne om Eskom en Transnet reg te ruk. Volgens hom is die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) ook reeds weer op die pad na finansiële en bedryfsvolhoubaarheid.
Gordhan laaste spyker in sukkelende SBO’s se doodskis – DA
“[Pravin] Gordhan het ʼn verleentheid geword, nie net vir die welstand van SBO’s nie, maar ook vir die ekonomie, daarom moet hy afgedank word.”
Soeke na Eskom-hoof: Gordhan ontken hy vertraag proses
Gordhan se reaksie volg ná mediaberigte dat Eskom nagenoeg 150 aansoeke vir die pos ontvang het, maar dat daar slegs een kandidaat is wat aan die vereistes vir die pos voldoen.
Pravin se pos ‘veilig’
Fikile Mbalula, die ANC se sekretaris-generaal, het Saterdag in ʼn toespraak gesê Pravin Gordhan moet vinniger werk om oplossings vir die land se spoorwegstelsel te vind.
Gordhan kasty De Ruyter: ‘Alwetend, narsisties, melodramaties’
Pravin Gordhan sê hy het nie André de Ruyter se boek gelees nie. Die minister het ook nie Woensdag die indruk geskep dat hy die boek gáán lees nie.
Gordhan swyg oor name van hoës: ‘Gaan vra vir De Ruyter’
Pravin Gordhan wou ook nie die name noem van die hooggeplaaste politici wat glo by die plundering van Eskom betrek word toe hy Woensdag voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) verskyn het nie.
‘Politieke steun het ontbreek’ – De Ruyter
Pravin Gordhan het Donderdag eindelik vir die Eskom-hoof in die bresse getree en sê daar is geen gronde om te beweer dat André de Ruyter en Eskom die staat omver probeer werp nie.
Gordhan ‘mislei’ SA oor beurtkrag om ANC te paai
“Gordhan se poging om die land te mislei gaan hand aan hand met die ANC wat reeds Eskom daarvan beskuldig het dat hy beurtkrag gebruik om ʼn politieke agenda so na aan die verkiesing te bevorder.”
Regering voortaan minderheidsvennoot in SAL
Die Takatso-konsortium sal voortaan moet pa staan vir enige geld wat die redery benodig en het reeds sowat R3 miljard in die redery belê.
Gordhan verwelkom reddingsboei vir SAL
Gordhan het sy “skok en teleurstelling” te kenne gegee oor die DA en ander partye en ontleders se “gebrek aan insig, finansiële geletterdheid en begrip van bestuursprosesse”.
Gordhan sal Pretoria help met Covid-19-stryd
“Dit is duidelik dat Gauteng klei trap in sy reaksie op die pandemie, maar dit is nie duidelik hoe minister Gordhan, wie se hande vol is met die SAL, die poging in Tshwane of op enige ander plek gaan kan lei nie.”
Nóg R21 miljard glo op pad na SAL
Die sogenaamde “nuwe SAL” sal in die eerste drie bedryfsjare glo teen ʼn verlies van amper R20 miljard bedryf word.
Dis nie verby, sê OB ná Konstitusionele Hof-beslissing
“Die hooggeregshof het nog nie die hersieningsaansoek van die minister en ander partye aangehoor nie.”
OB, EFF loop hulle vas teen Konstitusionele Hof
“Ek is ook nie daarvan oortuig dat die hooggeregshof hom aan ʼn misvatting van feite skuldig gemaak het nie.”
Vonke spat oor SAL-sakeredding
Sakeredders van die Suid-Afrikaanse Lugdiens wil meer geld hê, maar Pravin Gordhan soek eers ʼn reddingsplan.
Gordhan kap sakereddingsproses by SAL
Dit was nooit deel van die sakereddingsplan om bedrywighede by die SAL te begin afsluit nie.
Proses begin om SAL met nuwe lugdiens te vervang
“Die oorgang na die nuwe lugdiens gaan dalk opofferings, pyn en swaarkry tot gevolg hê vir almal wat betrokke is.”
SAL: Sakeredders moet verduidelik
Die DA sê dit is tyd dat die minister hom aan die proses onttrek en die sakereddingspraktisyns toelaat om hul werk te doen.
Uitstel vir SAL-werkers oor skeidingsooreenkomste
Die lugdiens is al vyf maande in sakeredding en die R5,5 miljard finansiering wat in dié tydperk ontvang is, was reeds teen Maart opgebruik.