Dié verklaring volg nadat ʼn Zambiese burger Maandag in Germiston aan die Oos-Rand deur ʼn groep verdagtes oorval en met ʼn skerp voorwerp in die voorkop gesteek is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Pretoria-onluste"
Pretoria-onluste: 24 vas wat glo plunder
Minstens 24 mense is Vrydag in hegtenis nadat ʼn winkelsentrum vroeër vandeesweek tydens die Pretoria-onluste in die noorde van die stad geplunder is.
Dossier teen ANC geopen by SAPD
Die VF Plus het vandag ʼn dossier van meer as 100 bladsye teen die ANC by die SAPD ingedien.
‘Ek voel nie vreemd in Tshwane nie,’ sê Didiza
Pretoria se ANC-burgemeesterskandidaat, Thoko Didiza, het Donderdag gesê sy voel tuis in die stad en sien uit na haar nuwe verantwoordelikhede in die plaaslike regering.
Vyf mense reeds dood in Pretoria-onluste
Nog twee mense is dood tydens die onluste wat al sedert Maandag in Pretoria woed.
Só maak jy as jy in jou motor vasgekeer word tydens onluste
Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Woensdag in ʼn verklaring gesê dit is belangrik dat padgebruikers moet weet hoe om onluste-situasies te hanteer wanneer hulle tydens só ʼn situasie in ʼn motor vasgekeer word.
Polisie ontken dat beamptes winkels plunder
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Donderdag ontken dat van sy lede saam met betogers aan die plundering van winkels deelgeneem het tydens die afgelope onluste in Pretoria.
Pretoria-betogings: Drie belangrike lesse
Die huidige betogings in Pretoria is groot nuus, behalwe natuurlik vir die SAUK. Dr. Eugene Brink meen daar is ’n paar dieperliggende lesse of neigings wat nes die motorbande in Mamelodi en Soshanguve smeul en dit kan nie sonder meer deur ’n summiere NUK-besluit reggestel word nie.
Pretoria-onluste ontwrig Junie-eksamens
Die gewelddadige betogings wat sedert Maandag in Pretoria woed, het skole se onderrig en die Junie-eksamens ontwrig, het die Gautengse departement van onderwys Woensdag gesê.
Pretoria-onluste: Twee ‘plunderaars’ doodgeskiet; talle vas
Twee verdagtes is Dinsdagaand doodgeskiet terwyl hulle glo besig was om ʼn winkel in Mamelodi te plunder.
Pretoria-onluste: Geweld vlam plek-plek op
Vyf verdagtes is Dinsdagaand in hegtenis geneem tydens die onluste wat dwarsdeur die nag in Pretoria voortgewoed het.
Nuuskommentaar: Wat sê die rookseine uit die hoofstad?
Wat “vertel” die “rookseine” wat uit die hoofstad opgaan? Daar is nog vele onduidelikhede oor waarom die ANC juis vir Thoko Didiza as burgemeesterskandidaat “per valskerm” ingestuur het, veral nadat dit vooraf uitgelek het en dit toe reeds duidelik was dit sou moeilikheid afgee. En hoe ʼn groot rol speel die feit dat Thoko ʼn Zoeloe is en dat pres. Jacob Zuma volgens onder meer die DA, die dryfkrag is agter haar ontplooiing?
Mabopane-Oos in donkerte gehul terwyl Pretoria-onluste voortduur
Eskom het Dinsdagaand gesê ongeveer 25 000 gebruikers word geraak deur ʼn transformator by ʼn substasie in Mabopane-Oos, wat omstreeks 18:00 afgeskakel het en het dié informele nedersetting in Pretoria in donkerte gehul.
‘Roekelose ANC’ moet lede in bedwang bring in Tshwane
Die Vryheidsfront Plus, munisipalewerkersvakbond Samwu en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het betogings in Pretoria veroordeel.
Pretoria-onluste: ‘Weermag net as laaste opsie ontplooi’
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het Dinsdag aangekondig dat die weermag nie in die stadium ontplooi sal word nie te midde van geweld oor groot dele in en om Pretoria.
Pretoria-onluste woed voort; weermag dalk ontplooi
Massabetogings woed steeds voort in en om groot dele van Pretoria, glo weens ontevredenheid oor die ANC se burgemeesterskandidaat vir die Tshwane-metrogebied.
Pretoria-betogings: Spesiale sentrum op die been gebring
Alle polisielede in die stad, asook dié wat van diens af is, is ontplooi in Arcadia, Mamelodi, Soshanguve, Atteridgeville en in die weste van Pretoria. Lede van die SAPD-hoofkantoor is ook ontplooi om met die polisiëring te help.
[Foto’s] Talle busse in Pretoria gebrand; paaie afgesper
Talle busse is glo Maandagaand aan die brand gesteek tydens gewelddadige betogings na aanleiding van die ANC se nuwe burgemeesterskandidaat vir Tshwane.
[Foto’s] Chaos in Pretoria se strate
Drie metropolisiebeamptes van Pretoria moes Maandagmiddag vir hul lewe vlug nadat ʼn groep ontstoke ANC-lede hul amptelike voertuig aangeval het.