Die boek is vol watertand-idees en sy maak seker dat die resepte sonder te veel moeite of onkoste buite Frankryk aangedurf kan word. Die boek is op Suid-Afrikaanse kokke gemik en al die bestanddele is plaaslik beskikbaar.
Alles vir die sleutelwoord "resepteboeke"
Resepteboek: Huisgenoot Wenresepte 1
Die ideale boek vir dié wat geregte soek wat goedkoop is en maklik vir enigiemand om te maak. ‘n Ou gunsteling wat herverpak word met nuwe foto’s en ontwerp.
Resepteboek: Kokkedoor 2
Die tweede boek van die uiters gewilde realiteitstelevisiereeks Kokkedoor wat van April tot Junie 2014 op kykNET uitgesaai is. Nostalgie het nog nooit so lekker geproe nie!
Boek: Feestelike koekversiering
In Feestelike koekversiering wys sy hoe om suikerkaraktertjies te skep vir elke soort kuier.
Boek: Partytjies is pret 5
’n Kinderpartytjie is lank nie meer net koekbak en balonne opblaas nie. Jy stort baie tyd, liefde en geld in dié dag om dit ekstra spesiaal vir jou kind te maak. Met vele temas om uit te kies bied Partytjies is pret 5 hope inspirasie!
Resepteboek: 7de Laan vier fees!
Die eerste 7de Laan-kookboek was drie jaar gelede ‘n reuse-sukses. Sedertdien het boekhandelaars en kopers gevra vir nóg! Met die verskyning van ‘7de Laan vier fees!’ word hierraan gehoor gegee.
Basiese pannekoek
Basiese resep vir heerlike pannekoek – net reg vir ‘n reëndag!
200 Beskuit en Biscotti-resepte
Hierdie unieke kookboek met ongeveer 200 resepte vir beskuit en biscotti sal by menigte Suid- Afrikaners aanklank vind.
Knuppeldik aan koningskos
Beproefde resepte van die dames van die Pretoria Polisie offisiersvroueklub.
Nuwe boek: Die Uitsonderlike Snowflake Versameling
Daar is niks meer genotvol as die aroma en smaak van varsgebak nie. Die Uitsonderlike Snowflake Versameling sluit ’n aantal vinnige en maklike resepte in.
Knolle, bolle en tuinkaperjolle
Kinders van ses tot nege jaar oud is die teikengroep vir dié eg Suid-Afrikaanse boek oor groentetuine.
Proe Pretville
Die musiek en dans en toneelspel is deel van die fliek ‘Pretville’ en met ‘Proe Pretville’ kan elkeen ‘n porsie van die geluk van daardie era in sy eie kombuis beproef.
Japtrap-braai
Die braai is sonder twyfel dié gunsteling-tydverdryf vir die meeste Suid-Afrikaners. Hilary Biller maak in dié boek die voorbereiding van kos tydens ‘n braai so eenvoudig moontlik.
Spys en drank
Renata Coetzee se boek, Spys en drank, is pas uitgegee.
Evita se bossie sikelela
‘n Lipsmakkende nuwe kookboek deur ‘n ikoon van die nasie
Bottel en gebruik
Bottel en gebruik wys jou hoe om met ’n groot verskeidenheid bestanddele – sommige dalk onbekend of eksoties – watertandlekker ingelegde produkte soos konfyte, smere, souse, marmelades, blatjang en vele meer in ’n japtrap te maak!
‘n Reis deur erfeniskos
Dit is Sondag, hoe onthou ek nie Sondae as kind nie: jy raak wakker met die klank van kerkklokke wat deur die dorp beier, die gesang van voëls, hier en daar ’n verlore haan wat kraai, ’n hond wat blaf, die geluide van die kombuis en die geure van skaapboud en braaihoender wat in die gang afkom en in jou neus kom lê…
50 Beste gebak uit Vrouekeur
Vrouekeur se resepte was van die begin van die tydskrif se bestaan in 1999 ’n treffer en is vandag nog net so gewild en in aanvraag as toe.
Kom eet! Om die tafel met Anita en Deon Meyer
Hartskos. Dit is was Deon en Anita Meyer in dié boek met lesers deel.
Die disse in die boek is heerlik, maklik om te maak en geliefd onder Suid-Afrikaners. Die wydste verskeidenheid kos kom aan die beurt, van Deon se oggend-muesli tot die broodpoeding waarmee die Meyers Sondagmiddagete afsluit.
Soetgoed
Marlene van der Westhuizen In Soetgoed bring Marlene van der Westhuizen bekende Kaapse staatmakers en heerlike ouwêreldse smake uit die Franse platteland bymekaar. Die boek…