Die ouers van Ruben Scharneck, die seuntjie van Pretoria wat in 2017 op sesjarige ouderdom aan hoërisiko-neuroblastoom gesterf het, het besluit om Ruben se verjaardag Vrydag heel gepas met ʼn partytjie te vier – maar dié partytjie was vir ʼn leerder van die Nuwe Hoop Skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Ruben Scharneck"
Jong Ruben verloor sy stryd
“Dankie dat jy tot die einde nie jou mooi glimlag verloor het nie.”
Terminale 6-jarige begin gr. 1: ‘Jy is so braaf, ek vergeet hoe jy ly’
“My klein engel is so braaf. Ek bid elke dag dat God jou pyn sal wegvat. As die tyd aanbreek vir jou om ons te verlaat, weet net dat jy meer geliefd is as wat jy ooit sal weet.”
[Foto’s] Siek Ruben ʼn Tuks-student vir die dag
Ruben het erge pyn beleef en daar is dus spesiaal plan gemaak.
[Foto’s] Terminaal-siek 6-jarige nou ʼn Affie
As dokters se voorspelling oor die sesjarige Ruben met terminale kanker se leeftyd akkuraat was, “was hy nou in die hemel”. Maar dié jong kankerlyertjie het ʼn veggees soos min én ʼn wil om te bly leef vir solank as wat hy op aarde “aan sy geliefdes geleen” word. Daarom is een van sy grootste drome Woensdagoggend bewaarheid toe hy amptelik ʼn Affie-seun geword het.
‘Ons leef saam met Ruben in sy wêreld, een dag op ʼn slag’
“Dit was nooit maklik nie. Mense veroordeel ons vir ons besluit, hulle verstaan nie waardeur Ruben gaan nie. Hulle verstaan ook nie waardeur ons gesin gaan nie. Ons het aand ná aand op ons knieë deurgebring, en dag ná dag vir ure aaneen in dokters se spreekkamers gesit. Ons het gesmeek. Ons het gehuil.”