ʼn Saak is aanhangig gemaak ná die beweerde slagoffer in ʼn hospitaal opgeneem is vir ernstige brandwonde aan albei voete.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "sangoma"
Kamma-sangoma in Pta-Oos vasgetrek
Die polisie het ʼn 39-jarige vrou, wat haarself as ʼn sangoma voorgedoen het, vasgetrek nadat sy glo ʼn inwoner van ʼn spogbuurt in die ooste van Pretoria met byna ʼn half miljoen rand ingeloop het.
Sangoma kry tronkstraf nadat hy tydens ‘seremonie’ verkrag
ʼn 27-jarige sangoma is tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 22-jarige leerlingsangoma tydens twee ‘seremonies’ in die Vrystaat.
Verwikkeling in soektog na vermiste seun
Die soektog na ʼn vermiste albino-seun van KwaZulu-Natal het tot die inhegtenisneming van ʼn vrou gelei wat na bewering ʼn albino seun vir R100 000 aan ʼn sangoma wou verkoop.
Sangoma vas vir verkragting
ʼn Sangoma is in Hammanskraal, noord van Pretoria, in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.
Lewenslange tronkstraf vir toordokter wat verkrag
ʼn Sangoma van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is Dinsdag lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van twee tienermeisies.
Polisie monitor steeds Khutsong
Die Gautengse polisie monitor steeds Khutsong naby Carletonville nadat ses mense grusaam oor die naweek vermoor is.
Niemand nog vas vir ses se gru-moorde nie
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ses mense in Khutsong naby Carletonville nadat inwoners die gereg in eie hande geneem het nie.
Sangoma-nuweling glo ontslaan oor vreemde kleredrag
ʼn Sangoma van die Oos-Kaap, wat onlangs ʼn sangoma geword het, is gevra om sy werkplek te verlaat omdat hy glo met tradisionele drag en met ʼn wit-geverfde gesig by die werk opgedaag het, het die DispatchOnline Maandag berig.
Boer dien klag in ná baba na sangoma verwys word
Twee verpleegsters by ʼn plattelandse gesondheidskliniek in KwaZulu-Natal het glo ʼn siek vyf maande oue baba na ʼn sangoma verwys.
Marikana-sangoma: Geweer het dalk aan polisie behoort
‘n R5-aanvalsgeweer wat gebruik is om ‘n sangoma, wat rituele op Marikana-mynwerkers uitgevoer het, is vir toetse gestuur om die oorsprong daarvan te bepaal.
Tradisionele geneesheer se maandlange siekbrief geldig
ʼn Vrou wat afgedank is nadat sy vir ʼn maand lank deur ʼn tradisionele geneesheer afgeboek is omdat sy glo “erg deur haar voorvaders geteister was”, moet weer in haar pos aangestel word.
Kind ontvoer vir muti
ʼn 4-jarige seuntjie is veilig by die huis nadat hy deur vier mans ontvoer is wat glo sy liggaamsdele vir muti wou verkoop.