’n Nieregeringsorganisasie waarsku dat die Covid-19-pandemie die ideale geleentheid vir kansvatters bied om hulle as liefdadigheidsorganisasies voor te doen en sodoende geld vir eie gewin in te samel.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "skenkings"
Gilde vir maatskaplike werkers eis duidelikheid oor skenkings
“Die laaste ding wat hulle kort, is dat die regering ʼn swaar regulatoriese juk nou bo-op hulle plaas. Ons kan nie onder sulke krisisomstandighede toelaat dat die regering ʼn meulsteen om vrywilligers en passievolle maatskaplike werkers se nekke wees nie.”
Kommer oor departement wat skenkings wil reguleer
Die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het gesê hy moet voortaan alle skenkings ontvang en versprei.
Vyf noodsaaklikhede om voor Vrydag te doen
Terwyl ons besig is met ons eie dringende lysies, moet ons nie vergeet van die mense en instansies om ons wat in ʼn tydperk van isolasie baie meer uitgelewer gaan wees nie.
Steve Biko-hospitaal ontvang reuseskenking uit China
Die Chinese regering het hoogs gespesialiseerde mediese toerusting aan die Steve Biko akademiese hospitaal in Pretoria geskenk. “Ek as minister kom hierheen vir my behandeling, dis die beste hospitaal dié.”
[Foto’s] 2 miljoen liter in minder as ʼn week
Meer as twee miljoen liter water is die afgelope week deur verskeie organisasies ingesamel om aan droogtegeteisterde gebiede in Suid-Afrika te skenk.
Vrou samel 50 000L water in een dag in vir boere
ʼn Vrou van Pretoria het vandeesweek ʼn trok met ongeveer 50 000L water na behoeftige boere in die Vrystaat gestuur. Raak só betrokke by droogtehulp!
Foto’s: Versoek vir perdevoer ná weiveld afbrand
Wetnose Animal Rescue het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om voer vir perde aan te skaf nadat hul kleinhoewe in Rayton, oos van Pretoria, oor die naweek afgebrand het.
Kinderhuis glo ‘te wit’ vir skenkings
Bepalings van die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBBEE) het privaatondernemings glo ontmoedig om donasies aan ‘n Pretoriase kinderhuis te maak, aangesien meeste van die kinders glo wit is.