Minister Nathi Mthethwa sê die vraag is of alle standbeelde wat as aanstootlik beskou word weens kolonialisme en apartheid vernietig moet word en of die standbeelde net minder prominent moet wees deur hulle na temaparke te verskuif.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "standbeelde"
Nie so maklik om beelde, monumente te skuif
Die regering se voorstel om beelde en monumente waaroor die staat ongemaklik voel, te verskuif na temaparke soos in Rusland gedoen is, gaan moeilik wees om uit te voer binne die eiendomsreg.
Erfenisstigting, VTM wil met Ramaphosa vergader oor ‘temaparke’
Monumente en standbeelde is tasbare simbole van die ryke en diverse geskiedenis van al die gemeenskappe in Suid-Afrika en van die land as geheel.
Standbeelde: Een grootte pas almal-benadering gaan nie werk nie
“Ons land se geskiedenis lê in ons stories. Ons stories is nie die eiendom van enige regering nie.”
Ramaphosa moet sê oor standbeelde – VF Plus
Die party sê pres. Cyril Ramaphosa moet sê na watter standbeelde hy verwys en waarheen dit verskuif moet word.
‘Erfenis gee erkenning aan ʼn volk se voortbestaan’
Erfenis is ʼn noodsaaklike en onlosmaaklike deel van enige volk se voortbestaan.
Ramaphosa sê dié monumente, standbeelde moet skuif
Volgens Ramaphosa is hy daarvan bewus dat die voorstel dat standbeelde en monumente geskuif en hervestig word tot omstredenheid gelei het en dat gesê word daar is ʼn poging om die land se geskiedenis uit te vee.
Sit koloniale en apartheidstandbeelde in Museum van Skande, sê minister
Standbeelde uit die koloniale en apartheidstyd moet in ‘n nuwe Museum van Skande geplaas word, soos wat Rusland met standpunte uit die kommunistiese era gedoen het, het die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, Donderdag in die parlement gesê.
Kabinetsbesluit oor standbeelde veroordeel
Die regering se voorneme om standbeelde uit die apartheid- en koloniale era te verskuif na sogenaamde temaparke, het basies ten doel dat Suid-Afrika se openbare ruimtes ʼn geskiedenis uitbeeld wat deur die regering goedgekeur is.
Woede oor ‘konsentrasiekamp vir standbeelde’
“Afrikaners se knieë is nie vir hom om te buig nie en ons erfenis is nie vir hom om rond te skuif nie.”
Die monument wat geskend móét bly
Harrismith se Burgermonument was reg van die begin af erg omstrede. Harrismith se eie geskiedenisdelwer en -skrywer Leon Strachan vertel hoekom dié monument se storie vir hom die interessantste in die land is.
So van monumente, standbeelde en gedenktekens gepraat
Nooit gedink skryf kan sulke harde werk wees nie. En hopelik sal die monument- en standbeeldplunderaars besef dat dié mooi dorp se naam beslis nie ’n steen des aanstoots is nie.
Standbeelddebat en gevaar van onkundige, emosionele besluite
Verwyder en verskuif van standbeelde kom neer op ’n soort sensuur, skryf Alana Bailey.
Video: Hoe gemaak met Afrikanerstandbeelde?
Kruger se standbeeld het al in die verlede ook onder vandale deurgeloop en dit het nou die vraag laat ontstaan of daar nog ʼn plek vir veral Afrikaner-standbeelde in Suid-Afrika is. En indien wel, waar daardie plek is?
Standbeeld van miljoene gaar stof op in stoor
Weens ʼn twis tussen die nasionale en plaaslike ANC is die bekendstelling van die standbeeld oënskynlik onbepaald uitgestel.
Atterbury se klipreus kry die groen en goud
Volgens Boshoff was dit behoorlik ’n uitdaging om die vier ton‑standbeeld in ʼn Springboktrui en -broek te klee. Die trui moes ’n anderhalwe meter lank wees, en pas om ’n fors borskas met ’n omvang van twee en ’n halwe meter.
FAK stel sy tweede Afrikanermonument bekend
“Die klem is om nuwe beelde te bou en koerswysers vir die toekoms te skep waarop die Afrikaner trots is. Dit is ’n storie van hoop. Ons is steeds hier, ons gaan nie weg nie.”
MT Steyn moet by Kovsies bly
Pogings om MT Steyn se standbeeld te verskuif, is die jongste stap in die Suid-Afrikaanse debat oor erfenistransformasie en dekolonialisasie wat veral sedert 2015 met die #RhodesMustFall-beweging gedurig opvlam.
Angus Taylor praat oor sy ‘Kinders van hierdie Klippe’-beeld
Taylor sê ‘Kinders van hierdie Klippe’ is oop vir talle interpretasies, maar daar is verskeie lae van betekenis wat hy in die werk ingebou het.
MT Steyn-standbeeld se toekoms steeds in gedrang
Gesprekke en voorleggings oor die moontlike verwydering van dié standbeeld sal volgende week op al drie UVS-kampusse afskop.