Twee “nuwelinge” betwis die Blou Bulle se Carltoneindstryd; Raiders laat die Pukke les opsê; die Valke se halfeinders is bekend; en die voorbokke bly voor in die Suidwestelike Distrikte.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "SWD-liga"
SWD-liga: voorstes vorder goed halfeind toe
Die voorste spanne in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga het Saterdag goed op pad na die halfeindronde gevorder.
SWD-liga: Groot-Brak sorg vir verrassing
Groot-Brakrivier het Saterdag vir ʼn lekker verrassing in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga gesorg.
SWD-liga: naelbytstryde oorheers, drieë skaars
Naelbytstryde het Saterdag se wedstryde in die Suidwestelike Distrikte-rugbyunie (SWDRU) se Premierliga oorheers, en slegs een span kon vier drieë vir ʼn bonuspunt druk.
SWD-liga: Die Vonk van Brak pure vlamme
Die Vonk van Brak was toe Saterdag sommer pure vlamme in Groot-Brakrivier se wedstryd in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga teen Crusaders op Greenhavenpark, Groot-Brakrivier.
SWD-liga: verjaardagspan vat sommer eie geskenk
ʼn Klub wat vanjaar sy 25ste verjaardag vier, het Saterdag sommer sy eie geskenk in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga gevat.
SWD-liga: kampioen Evergreens haal in op leer
Die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga is ver gevorder, maar uiteindelik vanjaar is die bond se kampioen en Goue Bekerspan, Evergreens, weer boaan die punteleer.
SWD-liga: voorloper kry slae; sake raak warm
Die voorloper in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga het Saterdag slae gekry, en ná die jongste naweekronde is sake in die reeks besig om warm te raak.
SWD-liga: ou staatmakers lig hul koppe
Van die ou staatmakers in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga is besig om hul koppe te lig, en die kampioen is weer binne trefafstand van die voorloper.
SWD-liga: hoop flikker op vir NMMU se rugby
Die Nelson Mandela- Metropoliaanse Universiteit (NMMU) se George-kampus het Saterdag op Saasveld die hoop laat opflikker dat hy weer ʼn krag in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga kan word.
SWD-liga: Kan NMMU die ondenkbare regkry?
Die Suidwestelike Distrikte se Premierliga, is nie net een van die strafste klubligas in die land nie, maar gewis die onvoorspelbaarste, en een waar reputasies hoegenaamd nie tel nie.
SWD-liga: rits maak-of-breek-kragmetings wag
ʼn Hele rits maak-of-breek-kragmetings wag Saterdag in die normaalweg uiters mededingende Premierliga van die Suidwestelike Distrikte.
SWD-liga: kampioen veg vroeg om boonste plek
Met die afhandeling van die derde ronde van die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga moet die kampioen nog met die tweede plek op die punteleer tevrede wees.
SWD-liga: Groot-Brakrivier klim twee sporte
Groot-Brakrivier het twee sporte op die punteleer van die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga geklim toe hy die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se Saasveld-kampus Dinsdag geklop het.
SWD-liga: grofgeskut het bewaarders aan flarde
Dysselsdorp Rangers het Korrektiewe Dienste Saterdag oortuigend in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Karooliga geklop.
SWD-liga: Bridgton laat nog `n grote tuimel
Bridgton van Oudtshoorn, wat reeds die Suidwestelike Distrikte (SWD) se kampioen, Evergreens, op sy kerfstok het, het Saterdag nog een van die bond se grotes in die Premierliga laat tuimel.
SWD: ervaring red kampioen in gelykop stryd
Evergreens van Pacaltsdorp se sterk karakter en die span se ervaring om in gelykop stryde kalm te bly, was deurslaggend in sy wedstryd Saterdag teen `n omgekrapte Progress in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga.
SWD-liga: Dysselsdorp stuit voorloper in spore
Die rugbyspan van Dysselsdorp Rangers het die onoorwonne voorloper in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Karooliga Saterdag in sy spore gestuit.
SWD-Kusliga: bloedstryd om bonuspunte bepalend
Daar kan kwalik `n beter voorbeeld wees van die belangrikheid van bonuspunte as in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Kusliga waar `n heftige stryd in dié opsig heers.
SWD-liga: groentjie vat semifinalis vas
Die groentjie in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga, Swellendam, het Saterdag een van die spanne in verlede jaar se halfeindronde behoorlik vasgevat.