“Die meeste van ons se oerwonde lê in ons kinderjare, nes Herman sʼn. Hy is net braaf genoeg om so blatant en eerlik daaroor te wees.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "verhoogproduksies"
Luister: Wicus en Dolla sáám het nie brieke nie
“Soms as Wicus my moedeloos maak, dan druk ek my lollie in sy hare. Die een keer toe ek dit doen, toe bly die lollie sommer regop staan. Maar ek het altyd spares; ek is voorbereid. Ons sê vir mense as hulle nie lag nie, gaan ons hulle met Doom spuit.”
Bobby en Karlien ‘gaan hul harte deel’
“Daar is wel goed wat ons bereid is om met mense te deel om hulle ʼn dieper idee te gee van wie ons is, soos byvoorbeeld dat ek en Karlien vir ʼn ruk in ons lewe in ʼn karavaan gebly het.”
[Resensie] Gideon Lombard lewer kragtoer in ‘Die reuk van appels’
Dis die somer van 1973 – die Koue Oorlog woed en apartheid floreer te midde toenemende kritiek vanuit die buiteland. In die Kaap leer die jong Marnus wat manwees en menswees beteken. Maar hóé vorm mens definisies, en wat dra by tot dié proses?
GauFestival sorg vir volop Afrikaanse vermaak
Opwindende produksies en ʼn vol program sal sorg dat daar iets vir almal is.
[WEN] Herleef weer ‘Fiela se kind’
Dis nóú jou kans om weer Fiela se kind te beleef.
Fiela se kind gevind
“Ná al die jare sien ek vreeslik uit om weer die karakter van Fiela te speel en kan nie wag om weer op die verhoog te kom met hierdie lekker rol nie,” vertel Shaleen Surtie-Richards.
Gesoek: Is jy ‘Fiela se kind’?
“Benjamin is ʼn plaasseun wat vir Fiela die volstruise aanjaag en lekker kattekwaad aanvang. Hy sal eerder met sy selfgemaakte houtskuitjie op die dam speel as om die volstruise op te pas.”
Amor Vittone wéér die ‘skurk’
Vittone was onlangs ook in 7de Laan te sien as die ‘wilde’ Zelda wat behoorlik amok gemaak het in die Laan. Die sangeres is wyd geprys vir haar uitbeelding van dié karakter.
Luister: Skouspel met kilometers liggies
’n Stel van nege meter hoog, 104 kleurvolle kostuums, 22 km se vonkelende feëtjieliggies én ’n unieke liggiewaterval van 160 m is maar enkele van die elemente wat die Fantasy of Light-verhoogproduksie uniek maak. Dít, en die feit dat dié pantomime die eerste Afrikaanse buitelugproduksie is wat op die terrein van ʼn inkopiesentrum gehou word.
KKNK stel 2017-program bekend
Die 23ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees-program is pas bekendgemaak en beloof om weer Oudtshoorn se strate in ’n bont, betowerende Afrikaanse makietie te verander.
Maskers word afgehaal, harte blootgelê in ‘Dop’
André Odendaal en Wilhelm van der Walt is van 28 September tot 23 Oktober in die nuwe Afrikaanse verhoogproduksie, Dop, te sien. Dié produksie, deur Retief Scholtz, maak sy teaterdebuut in die Studio-teater by Montecasino in Fourways.
Prinsloo weer op die verhoog met Oskar en die pienk tannie
Die veteraanaktrise, Sandra Prinsloo, is van 7 tot 25 September in die Studio-teater by Montecasino in Johannesburg te sien in die gewilde verhoogproduksie, Oskar en die pienk tannie.
[Wen] Jannie du Toit in nuwe produksie by Brooklyn Teater
Jannie du Toit se nuwe verhoogproduksie, Bonjour Monsieur Brel, word op 8 September by die Brooklyn Teater aangebied en drie lesers staan elk die kans om ʼn dubbelkaartjie vir dié produksie te wen.
[Resensie] Nataniël: ‘Mannequin’
Dalk is dit ʼn trek van ware kunstenaarskap as ʼn kunstenaar dit kan regkry om in ʼn stampvol teater elke gehoorlid, elkeen met sy en haar eie verwagtings, interpretasies en selfs afkeure, te vermaak sodat elkeen vasgevang word, én bly, in die verhoogkuns wat voor hulle afspeel. Dit is wat Nataniël in sy jongste produksie, Mannequin, meesterlik doen.
Aardklop 2016: Van Taxi-teater tot komedie, én meer
Die Aardklop-kunstefees word vanjaar van 4 tot 9 Oktober in Potchefstroom aangebied, en vanjaar se propvol toneelprogram kan ʼn hoogtepunt op jou kultuurkalender wees.
Aardklop 2016: Ou gronde én spotgoedkoop kaartjies
Feesgangers en kunstenaars is almal opgewonde oor die nuus dat Aardklop, danksy baie mense se harde werk, vanjaar herleef en kaartjies vir dié fees is nou beskikbaar.
‘Die Kaap is weer Holms’ draai in Fourways
Oefen solank jou maagspiere want Marion Holm se soloproduksie, Die Kaap is weer Holms, is van 23 Augustus tot 4 September in die Studio-teater by Montecasino in Fourways te sien.
Luister: Nataniël vertel meer oor ‘Mannequin’
“Van die goed is so groot dat ons dit in ʼn trokkie moes vervoer. My skoene is so ongemaklik dat ek nou nog wonder hoe ek daarin gaan staan,” het hy bygevoeg.
[Wen] ‘Daa’ gaat die bruid!’ gaan jou laat skater
Die klugkoning, Frans Swart, se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney en John Chapman se weghol-treffer, Daa’ gaat die bruid!, is vanjaar by die Suid-Afrikaanse Staatsteater in Pretoria te sien tussen 19 en 24 Julie.