ʼn Groep Suid-Afrikaanse dansers dans ʼn storm los op die internet nadat die Kaapse choreograaf Rudi Smit ʼn video van hulle gemaak het en op YouTube gelaai het.
Alles vir die sleutelwoord "video"
Video: Marno van der Merwe oor flaters en poetse
Marno vertel in dié video oor die grootste flater wat hy ooit op die verhoog begaan het, die streep wat sy mede-akteurs van Pretville hom getrek het, en wat hy aan sy meisie sê wanneer hy die vrede wil bewaar.
Video: Amptelike lokprent van Eintlik nogal baie vrygestel
Die amptelike lokprent vir die nuwe Afrikaanse fliek, Eintlik nogal baie, wat beloof om kykers met die wenresep van romantiese komedie vasgenael te hou, is onlangs bekendgestel.
Video: Wetenskaplikes bly om terug uit Mars-simulasie te wees
Ses wetenskaplikes wat ’n jaar lank op ’n vulkaan in Hawaii geleef het in omstandighede wat ’n toekomstige Mars-sending simuleer, is einde Augustus met hul gesinne herenig.
Video: Miljoene kyk hoe rubberhoenders ‘dans’
ʼn Video van ʼn Suid-Koraanse groep wat dansmusiek met rubberhoenders maak, het die internet gaande.
Video: Weggooibabas se verlore stryd
Meer as 80% van babas wat ʼn onnatuurlike dood sterf, se ma’s het hulle weggegooi.
Video: ‘Hoë mure help nie teen misdaad’
Hoë grensmure doen dalk meer skade as wat dit inwoners help veilig hou.
Video: Só klink die oudste liedjie wat bestaan
Die oudste liedjie wat aan die mens bekend is, ʼn 3 400 jaar oue Horitiese melodie wat in die laat 1900’s deur wetenskaplikes en musici getoonset is, doen nou weer die ronde op sosiale media.
[Video] Die waarheid agter volstruis in verkeer
ʼn Video van ʼn man van Kazakhstan, wat op ʼn volstruis deur swaar oggendverkeer vleg, het sosialemediagebruikers al dae lank aan die gons.
Video: Sielkundige geskrap vir wangedrag
ʼn Sielkundige, wat ʼn ongekwalifiseerde persoon toegelaat het om sy werk vir hom te doen, is van sy lisensie gestroop. Die Raad vir Gesondheidsberoepe het Anton Dreyer skuldig bevind aan wangedrag.
Video: Groep veg vir dagga-reg
ʼn Groep Rastafariërs en ander dagga-gebruikers sê hulle gaan alles in die stryd werp om die gebruik van dié plant in Suid-Afrika te wettig.
Video: ‘Boer soek ʼn vrou’ nou op ShowMax
Die gewilde TV-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou se negende seisoen is om die draai met die skoonheid Minki van der Westhuizen as aanbieder, maar die aanlyn-televisiediens ShowMax het dit nou vir laatslapers moontlik gemaak om seisoen 7 én 8 te sien sonder die beslommernis van televisie-tydskedules.
Video: Dis heerlike lente, kom ons plant ʼn boom!
Vandag is nie net Lentedag nie, maar dis ook Nasionale Boomplantdag. Om hierdie spesiale dag te vier, het Maroela Media besluit om ʼn boom te plant.
Video: Vrystaatse skool los haarprobleem vinnig op
In dieselfde week wat die Pretoria High School for Girls onder skoot gekom het oor sy beleid, het ‘n Bloemfonteinse pa hom óók tot sosiale media gewend oor wat hy beskryf as onaanvaarbare praktyke by sy dogter se skool.
[Video] Kaapse plaasskool bekoor Pole
By ‘n plaasskool buite Robertson in die Wes-Kaap brand die vreugdevure hoog ná agt van die skool se leerlinge onlangs opslae in Pole gemaak het.
Video: ‘Gordhan nie bo wet verhewe’
Pravin Gordhan, minister van finansies, is nie verhewe bo die wet nie, en moet hom onderwerp aan die Valke se gesag. Dít aldus minister Des van Rooyen, wat Gordhan betig het.
Video: Skollie-fliek: Stories moes my lewe red, sê draaiboekskrywer
Die nuwe Afrikaanse fliek, Noem my Skollie, gaan ʼn emosionele kishou toedien en verseker dat kykers lank ná die fliek steeds daaroor dink. Daryne Joshua, die regisseur, sê dit is veral die egtheid van die fliek wat kykers bybly.
Video: Droogte nog lank nie verby nie
Die droogtedae in Suid-Afrika is nog lank nie getel nie. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê daar’s geen groot hoop vir ‘n nat somerseisoen nie, en skryf dié nuus toe aan ‘n verandering in wêreldwye weerpatrone.
[Video] Mbalula nooi Sunette om te kom gesels
Fikile Mbalula, die minister van sport, het ‘n uitnodiging gerig aan alle Olimpiese atlete, en ook die uitgesproke spiesgooier Sunette Viljoen.
Video: Alison Botha: 22 jaar ná gru-aanval
Alison Botha, wat in 1994 gruwelik verkrag en aangeval is, het besluit om haar storie in rolprent-formaat te vertel. Maroela Media het met Alison gesels oor die dokumentêr en hoekom sy besluit het om nou, 22 jaar later, ʼn rolprent te maak oor die nag wat haar hele lewe verander het.