Die projek is deur ʼn besondere leerling van die skool geïnspireer. “Hierdie leerder het, ten spyte van sy fisiese gestremdhede vir ons gewys dat ‘impossible’ slegs ʼn woord is en dat dit maklik in ‘I’mPOSSIBLE’ verander kan word.”
Alles vir die sleutelwoord "video"
Video: Spele: Paralimpiese atlete op hete kole
Die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro skop op 7 September af. Suid-Afrikaanse atlete oefen hard in die aanloop tot vanjaar se skouspel.
Video: Ronan Keating is mal oor SA
Die sanger en musiekskrywer, Ronan Keating, is in Suid-Afrika vir sy jongste albumtoer.
Inkleur help vir die seer
“Die inkleur van mandalas is reeds in Freud se tyd gebruik as ʼn praktiese terapeutiese manier om pasiënte te help om uiting te gee aan emosies wat hulle onbewustelik ervaar.”
Video: Die Audi-advertensie wat Brittanje nie mag sien nie
Die motorvervaardiger Audi se jongste advertensie vir die R8-sportmotor is vandeesweek in Brittanje van die lug verwyder ná klagtes dat dit “roekelose bestuur” aanmoedig.
Video: Is Eskom-hofuitspraak goeie nuus vir verbruikers?
Kragverbruikers juig na die uitspraak deur die Noord-Gautengse hooggeregshof dat Eskom se prysverhogings onregmatig was.
Video: Vaaldam-vlak skokkend
Die Vaaldam is net sowat 34% vol. Verlede jaar dié tyd was dit meer 75 persent vol, wat die voortslepende gevolge van die afgelope seisoen se droogte duidelik laat blyk.
Video: ‘Kook saam Kaaps’ se wenspan
“Kaapse kos is lekker kos want ons maak dit met baie liefde. Ons probeer die resepte so gemaklik en goedkoop as moontlik maak sodat die man op straat dit ook kan maak,” sê Koelsoem.
Video: Metropolisiebeampte buite laerskool aangerand
ʼn Stasiebevelvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) is Maandagmiddag buite ʼn laerskool aan die Oos-Rand aangerand, terwyl hy besig was om ʼn boete uit te skryf.
Video: Solidariteit by VN oor rasse-vraagstuk
Solidariteit se afvaardiging is terug in die land ná hy ‘n voorlegging aan die VN se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rasse-diskriminasie oor Suid-Afrika se beleid van regstellende aksie gedoen het.
Video: Dowe-skoonheid leef haar droom
Sy het teen van die wêreld se mooistes meegeding, en met die kroon weggestap as Mej. Doof Wêreld. Die 28-jarige Janie Erasmus sê sy het gedroom sy wen dié gesogte kroon, en het dáárom vir die kompetisie ingeskryf.
Video: Digitale woordeboek vir gebaretaal
Die Nasionale Instituut vir Dowes het ‘n unieke projek begin. Dit is die samestelling van ‘n digitale woordeboek vir gebaretaal wat veral gaan fokus op die verskillende dialekte van die land se amptelike tale.
Video: Afrikaanse Taaldag: Wat is jóú gunstelingwoord?
Afrikaanse Taaldag word jaarliks op 14 Augustus gevier, en dié dag is elke jaar ʼn bewys dat Afrikaans ʼn taal is wat in die harte van mense bestaan, en nie net in wetboeke nie.
Video: Britse gesin deur branderplankryers gered
Twee branderplankryers het Donderdagmiddag tot die redding gekom van drie Britse toeriste wat in die see by Plettenbergbaai in die moeilikheid beland het.
Video: Tier verras motoriste in Pretoria-Oos
’n Bengaalse tierwyfie het Vrydagoggend vir opwinding in die ooste van Pretoria gesorg toe sy rustig op ʼn grondpad naby die Silver Lakes-gholflandgoed gestap het.
Video: ‘Filmverse 2’ maak buiging op Silwerskermfees
Die tweede aflewering van die ATKV se digkuns-animasieprojek, Filmverse 2, se première vind vanjaar op plaas op die kykNET-Silwerskermfees in Kampsbaai, Kaapstad.
Video: SA mesmaker in VSA bekroon
Bertie Rietveld, ʼn Suid-Afrikaanse mesmaker van Magaliesburg in Gauteng, se kunsmes is onlangs bekroon as die beste ter wêreld.
Video: ‘Studentebetogings kan weer opvlam’
Studenteleiers waarsku hernieude betogings vir gratis tersiêre onderrig kan opvlam weens vertragings deur die kommissie wat in Januarie tot stand gebring is om studiegeld te ondersoek.
Video: Polisie trek ‘VVV’ van die pad
Die wenkbroue van Wexford-inwoners in Ierland het behoorlik gelig toe plaaslike polisie die afgelope week ʼn vreemde vlieënde voorwerp (VVV) van die pad afgetrek het.
Video: Riana Nel se ‘vol hart’ help lirieke neerpen
Riana het by Maroela Media kom kuier om oor haar jongste album, Jy sal weet, te gesels en sy het ingestem om ook ʼn paar lawwe vrae te beantwoord.