Die ANC braak gal oor die skending van sekere van sy verkiesingsplakkate in die Moederstad.
Alles vir die sleutelwoord "video"
[Video] ‘Boewe’ sak toe op huis, laat spaander ná skote
ʼn Poging om by ʼn huis aan die KwaZulu-Natalse Suidkus in te breek is op kringtelevisiekameras vasgelê en wys hoe ses mans laat spaander as die huiseienaar vanuit die huis skote afvuur.
Video: LUR besoek skool ná lyfstrafvideo uitlek
Die LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal lê Dinsdag besoek af by ʼn hoërskool in die provinsie waar daar glo lyfstraf toegepas word.
Video: Jou oë bluf jou ore
Moet liefs nie staat maak op jou gehoor om ʼn boodskap te verstaan nie! ʼn Studie aan die Universiteit van Kalifornië het bewys dat dit wat jy sien en hoor verskillende dinge is en jou sig ʼn merkwaardige invloed op dit wat jy hoor, kan hê.
[Video] Vrystaat Kunstefees: ‘Longe’ gaan jou uitdaag
Longe, ʼn verhoogproduksie wat eersdaags by die Vrystaat Kunstefees te sien is, vra ʼn fundamentele vraag: Indien ʼn kind se koolstofspoor 10 000 ton CO2 is, die gewig van die Eiffeltoring, is dit wérklik wys om nog ʼn mens in die wêreld te bring?
Foto’s: ʼn Vrou met vele gesigte
Lucia Pittalis, ʼn grimeerkunstenaar van Rome, verander haar só suksesvol in karakters en bekendes met slegs grimering dat mens byna dink dis goëlery of oëverblindery!
Video: Groot skrik toe renoster op voertuig afstorm
ʼn Video van ʼn swartrenoster wat ʼn wildreservaat se nutsvoertuig bestorm, word wyd op sosiale media gedeel.
Video: Dom diewe laat almal skater
Om beroof te word, is gʼn grap nie, maar dit verander egter gou in ʼn skreeusnaakse petalje wanneer die boef in die moeilikheid beland omdat hy nie kop of stert kan uitmaak hoe om ʼn deur oop te maak nie.
Nóg ʼn BCom-graad vir Akademia
Te midde van afskalings in Afrikaans aan hoëronderwysinstellings elders het Akademia vandeesweek akkreditasie ontvang om ʼn BCom in Finansiële beplanning aan te bied.
Video: Jy wil nie met dié ouma skoor soek nie
Die wêreld se oudste vroueliggaamsbouer het pas 80 jaar oud geword en jy wil beslis nie aan die verkeerde kant van dié ouma kom nie.
Video: Mans rand petroljoggie aan
Twee mans is Saterdagaand in Tzaneen, Limpopo, in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn petroljoggie by ʼn vulstasie aangerand het. Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval is kort daarna op YouTube gelaai waarin dit as ʼn rassistiese aanval uitgemaak word.
Video: Bejaardes brei vir behoeftige kinders
Bejaardes in Pretoria kom die afgelope maand byeen om serpe en komberse vir behoeftige kinders landwyd te brei.
Video: Elke stem tel, sê VF+
Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, sê diegene wat dink ‘n stem vir ‘n kleiner politieke party is een wat vermors word, moet wéér dink.
[Video] 5 minute met Dirk Hermann
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is bekend vir sy rol as kampvegter vir minderheidsregte, maar Maroela Media het vyf minute lank oor lawwighede met hom gesels.
[Video] ‘Gelukkige Vadersdag, pa’
Maroela Media het die strate ingevaar en met verskeie mense gesels om te hoor waarom hulle pa spesiaal is. Sommiges het sommer bewoë geraak en kon nie uitgepraat raak oor hul pa nie.
[Video] Sanger stort ineen by konsert
Die 68-jarige sanger het Donderdagaand tydens ʼn vertoning in Alberta, Kanada, ineengestort terwyl hy sy treffer “I’d Do Anything For Love” gesing het.
[Video] Wat beteken ‘pa’ vir jou?
“Ek dink ʼn pa is iemand wat jou altyd wil vang voor jy val. Maar selfs wanneer jy val, tel hy jou op en vee die klippies van jou af,” vertel die aktrise Tanya van Graan.
[Video] “Menseketting” red hond uit stormwater-uitloopkanaal
ʼn Video van ʼn groep verbygangers wat ʼn “menseketting” vorm om ʼn hond vanuit ʼn stormwater-uitloopkanaal te red, word wyd op sosiale media gedeel.
[Video] Goue gonser vir dié ukelele-spelertjie
Die 12-jarige Grace van der Waal het dié week gewys wonderwerke kan definitief gebeur.
[Video] Seuntjie kom speel ‘skelm’ met die hond
Toe ʼn vrou ʼn veiligheidskamera in haar motorhuis laat installeer het, het sy nooit dié “oortreder” verwag nie.