Met die vinnige agteruitgaan van waterverskaffing en -infrastruktuur word Suid-Afrikaners gedwing om ander planne te maak.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "waterkrisis"
Waterverslae toon ‘dringende ingryping is nodig’
“Die feit dat Senzo Mchunu, minister van water en sanitasie, gesê het dat die toestand van rioolafvalwaterbehandelingswerke ’n bron tot kommer is maar dat hy nietemin bemoedig is deur die 2021/22-verslag, behoort elke persoon in die land se nekhare te laat rys.”
Beurtkrag dalk laaste strooi vir waterkrisis
“As die waterstelsel heeltemal ineenstort, sal dit die einde van die lewe wees soos ons dit ken.”
Corene Conradie, ’n vrou wat wil help
In die humanitêre werk wat nou haar dae vul, laat sy elke persoon voel dat hulle gewaardeer en gerespekteer is.
Covid-19-samevatting: Watertekort, ontvoerings nou volop
In Namibië is 14 Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders in kwarantyn geplaas.
Geen meer tenkwaens aan waterlose dorpe
Dit is weens die wye voorkoms van korrupsie met die verhuring van die tenkwaens.
Inwoners oos van Pretoria maande sonder water
Die pypleiding wat water aan dié gebied moet verskaf, het weens swaar reën weggespoel.
MRK ondersoek riool in Krokodilrivier
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ondersoek die storting van riool in die Bier- en die Rooikuilspruit. Die spruite voed die Krokodilrivier.
Utrecht al ʼn week lank sonder ʼn druppel water
“Die hekke by die waterwerke is gesluit en ons word as gyselaar aangehou.”
Twis oor betaling van waterhulp aan Makhanda
Die noodlenigingsgroep Gift of the Givers het uit die droogtegeteisterde Makhanda (voorheen Grahamstad) in die Oos-Kaap onttrek, omdat ánder kontrakteurs nou vergoed gaan word vir werk van miljoene rande wat die organisasie sê hy reeds in die gebied gedoen het.
Waterkrisis: Goeie nuus vir Stellenbosch-inwoners
Dié aankondiging kom ná onlangse reën wat kon help om damvlakke te herstel.
Só lyk Wes-Kaapse damvlakke ná onlangse reën
“Ons watersekuriteit is nou gesonder as wat dit ʼn jaar of twee gelede was tydens die verlammende droogte wat ons die laaste paar jare ervaar het.”
Dié Kaapstadse woonbuurte dalk vanaand sonder water
Die Stad Kaapstad het inwoners gewaarsku dat sommige woonbuurte in die loop van Donderdagaand moontlik wateronderbrekings kan ervaar weens beplande opgraderingswerk.
Lesersbrief: Waardevolle lesse uit die waterkrisis
Solank politici in beheer van water is, gaan watertekorte die “new normal” wees en politici gaan dit gebruik as ‘n rede om belastings te verhoog en meer mag uit te oefen.
Duisende bid saam met Angus Buchan vir reën in Kaapstad
“Ek wil nie tyd mors nie, want dit is ʼn baie belangrike historiese oomblik dié. God het vir my ʼn boodskap gegee …” het Angus Buchan gesê kort nadat hy met ʼn helikopter daar geland het.
Angus Buchan hou gebedsaamtrek in Kaapstad vir reën
Die It’s Time-biddag in Kaapstad vind vandag by die Swartklip-sportterrein in Mitchells Plain plaas om vir onder meer reën te bid.
JacarandaFM se waterprojek wil Kaapstad help
JacarandaFM sal eersdaags poog om die Loftus Versveld-stadion in Pretoria tot kapasiteit te vul tydens die Superrugby-kragmeting tussen die Vodacom Blue Bulls en die DHL Stormers op 31 Maart.
Al sou die vyeboom nie bot nie
Die Here is nooit te laat nie, en Hy weet wat ons kort. Hy weet ook daar bly nou soos dubbeld soveel mense in die Kaap as 20 jaar terug, en Hy het die ‘means’ om vir ons te sorg.
[Video] Kaapstad-waterkrisis: Water in japtrap opgeraap
“Ek dink die mense raak nou baie paniekerig. Die personeel kon net nie voorbly nie. Dit was so ʼn onwerklike gevoel en het eintlik jou oë oopgemaak. ʼn Mens besef nou eers wat voorlê.”
Kaapstad-waterkrisis: Optrede teen watervermorsing geëis
ʼn Video doen die ronde op sosiale media waarin gesien kan word hoe mense lang rye hoofsaaklik minibus-taxi’s in die straat van ʼn informele nedersetting was, terwyl water in die straat afloop.”