Pres. Emmerson Mnangagwa sê meer as 2,7 miljoen Zimbabwiërs sal vanjaar nie genoeg kos op hul tafel hê nie nadat die droogte sowat die helfte van die land se mielie-oes vernietig het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Zimbabwe"
Boere raadop met Limpopo se ‘hek na vryheid’
Maroela Media het tydens ʼn besoek aan die Beitbrug-grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe gevind dié grensdraad hou niks of niemand uit nie.
Foto’s: Om wilde horisonne te gaan verken
Om ná twee dekades weer by Victoria-waterval in Zimbabwe te staan en die klein miswolkie bo die wêreldbekende valle te sien, is ʼn ware oorwinning.
Kliniek bied verligting vir Zimbabwiërs
Zimbabwe se staatsgesondheidstelsel het byna heeltemal ineengestort ná jare se wanbestuur, te midde van ʼn tekort aan fondse, personeel, medisyne en toerusting.
VSA teiken Zim-leiers met nuwe sanksies
“Die veranderinge wat ons aanbring, moet duidelik stel wat nog altyd die geval was: Ons sanksies is nie bedoel om die mense van Zimbabwe te teiken nie.”
100 olifante vrek in Zimbabwe
Die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn (IFAW) sê watergate het in die Hwange- nasionale park opgedroog en talle vrektes veroorsaak.
Zim-permitte weer verleng
Minister Aaron Motsoaledi sê hy het die “spesiale omstandighede” waarin permithouers hulself bevind “noukeurig oorweeg”, daarom die besluit om die Zimbabwiese Vrystellingspermitte (ZEP), en dié vir Lesotho-burgers, vir nog twee jaar te verleng.
Aansoek oor Zim-permitte van die hand gewys
ʼn Dringende aansoek wat deur die Helen Suzman-stigting gebring is om die regte van Zimbabwiërs te beskerm wat met vrystellingspermitte in Suid-Afrika woon, is van die hand gewys omdat dit “nie wetlik nodig is nie”.
Stigting weer hof toe oor Zim-permitte
Sowat 180 000 Zimbabwiërs woon en werk in Suid-Afrika nadat die regering in 2009 vir hulle werkvisums toegestaan het. Die Zimbabwiërs het destyds van die politieke en ekonomiese krisis in hul geboorteland gevlug en baie van hulle woon al byna 15 jaar volkome wettig in Suid-Afrika.
Menseregteprokureurs in Zimbabwe aangekeer
Twee Zimbabwiese menseregteprokureurs het Dinsdag in die hof verskyn op aanklag dat hulle die polisie verhinder het om hul kliënte te ondervra.
ANC se Zim-uitsprake het ‘tasbare gevolge’
Kenners meen die voortsetting van Zimbabwe se ondemokratiese tradisie, tesame met die ANC se onwilligheid om hom daarteen uit te spreek, hou gevaarlike ideologiese sowel as tasbare gevolge vir Suid-Afrika in.
Zimbabwe se opposisie eis nuwe verkiesing
Zimbabwe se hoofopposisieparty het Dinsdag ʼn nuwe verkiesing versoek ná sy presidensiële kandidaat die verkiesing teen Emmerson Mnangagwa tydens ʼn “gebrekkige, onwettige stemmery” verloor het.
Zim-verkiesing: SA wens geluk wyl VSA veroordeel
“Suid-Afrika is bewus daarvan dat hierdie verkiesing in ʼn moeilike ekonomiese omgewing plaasgevind het weens die swaar sanksies wat die mense van Zimbabwe steeds onregverdiglik verduur.”
Zim-opposisie verwerp verkiesingsuitslae
“Ons het hierdie verkiesing gewen. Ons is die leiers. Ons is verbaas dat Mnangagwa as leier verklaar is.”
Zimbabwe se Mnangagwa seëvier weer
Buitelandse verkiesingswaarnemers het Vrydag egter gesê die verkiesing het versuim om te voldoen aan streek- en internasionale standaarde en die opposisieparty Citizens Coalition for Change het ook die uitslae verwerp.
Zimbabwe-verkiesing: ‘Geweld, intimidasie lei tot klimaat van vrees’
Volgens ʼn voorlopige telling wat Vrydagaand deur ZBC uitgesaai is, was ZANU-PF die voorloper in die parlementêre wedloop, nadat hy 125 van die 210 setels verseker het.
Woede oor inhegtenisneming van Zim-waarnemers
Volgens die polisie het die waarnemers die toerusting gebruik om onregmatig verkiesingsyfers en -uitslae by te hou en dat hul optrede “ondermynend” en “misdadig” is.
Zim-verkiesing met dag verleng
Namate sommige kiespunte begin sluit het, het stemmery eers by ander stemlokale begin, met opposisielede wat beskuldigings van stem-manipulasie gemaak het ná ʼn veldtog wat reeds deur hoogspanning gekenmerk is.
Wankelrige begin vir verkiesing in Zimbabwe
Hoewel daar ʼn gees van “verandering” by stemgeregtigdes in Zimbabwe is, heers daar nietemin vrese dat die stemproses alles behalwe regverdig gaan wees, veral nadat daar vertragings by verskeie stembusse opgeduik het.
Zimbabwiërs maak reg vir verkiesing; bid vir vrede
Zimbabwe het ʼn lang geskiedenis van betwiste verkiesings wat deur geweld geskend is en honderde landsburgers vrees ʼn herhaling van 2018 se gebeure.