AfriSake gaan konferensie oor Bitcoin en Blockchain hou

Argieffoto (Foto: CoinDesk)

Die sakeorganisasie AfriSake gaan op 22 November 2017 ’n konferensie getiteld “Die Blockchain-revolusie: Wat Bitcoin en sy tegnologie vir jou beteken”, oor Bitcoin en die tegnologie wat dit onderlê, aanbied.

Sprekers sluit in Dawie Roodt (hoofekonoom van die Efficient-groep), Chris Becker (ekonoom gemoeid met kettinglêertegnologie by Investec), Andries Brink (stigter en uitvoerende hoof van Andile Solutions) en Piet le Roux (uitvoerende hoof van AfriSake).

“Terwyl stemme vandag vir radikale ekonomiese transformasie opklink, kyk ons na Bitcoin en kettinglêers (“blockchains”) as radikale ekonomiese tegnologie. Dit is tegnologie wat die manier hoe ons sake doen, en hoe bestand ons besighede teen regeringsinmenging en politieke onstabiliteit is, drasties ten goede kan verander,” sê Le Roux.

Die konferensie is oop vir AfriSake-lede en die publiek. Slegs 400 sitplekke is beskikbaar en bespreking is noodsaaklik.

Datum: 22 November 2017
Tyd: 08:00 tot 14:00
Plek: Atterbury-teater, Pretoria

Koste vir AfriSake-lede:
Platinumlede: Gratis
Maatskappylede: R200
Individuele lede: R200

Koste vir nie-lede: R800

Klik hier of stuur ’n e-pos na [email protected] om jou sitplek te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marko ·

Die blockchain conference met internasionale sprekers, se koste beloop nie eers soveel nie. Klink meer soos ‘n geldmaak storie as konferensie. Bitcoin neem tyd manne, wees gedukdig vir jul opbrengs.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.