Eerste selfoon-aanleg dalk binnekort in SA

Foto: Unsplash/Pixabay

Foto: Unsplash/Pixabay

ʼn Johannesburgse onderneming gaan moontlik binnekort die eerste vervaardiger van slimfone in Afrika word.

Onyx Connect, wat onlangs op die been gebring is, het vroeër vandeesmaand in ʼn verklaring gesê hy beplan om te voldoen aan die aanvraag van laekoste selfone, tablette en ander toestelle, wat gebaseer is op Google se Android-stelsel.

Die maatskappy het tot dusver al meer as R150 miljoen van private beleggers ontvang.

Andre van der Merwe, verkoopsdirekteur, het in die verklaring gesê die maatskappy sal die Android-stelsel op sy toestelle onder sy eie naam gebruik.

Onyx Connect beplan om in samewerking met Vodacom selfone, skootrekenaars en “slim-TV’s” te vervaardig.

Jorge Mendes, ʼn Vodacom-woordvoerder, het gesê Vodacom “verwelkom die geleentheid” om dié toestelle in Suid-Afrika te vervaardig, maar wou nie spesifiek op Onyx kommentaar lewer nie.

Van der Merwe het verder ook gesê Onyx Connect beplan om veral die lae-inkomsteklas te bereik met sy toestelle.

Hy sê waar dit om en by R10 000 kos om ander selfone te vervaardig, kan die maatskappy ʼn slimfoon van hoë gehalte vir bykans R500 vervaardig.

Vir meer inligting, besoek Bloomberg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.