Entrepreneurskap: Bou ’n gehoor met tegnologie


dewald-pelser-klipkouers

Dewald Pelser, sakeman en stigter van die misterBA-podsendings. Pelser analiseer weekliks ondernemings se sukses in die podsendings. Foto: Facebook.

Hiermee ʼn voorsmakie van Jacques Basson van Klipkouers se onderhoud met Dewald Pelser, ‘n sakeman en stigter van die misterBA-podsending.

Watter ander soort onderneming of bedryf is vir jou interessant of ongewoon?

Ek vind die aanlynbedryf, as mens dit so kan noem, geweldig interessant en veral hoe jy dit kan gebruik om te outomatiseer. Tipies hiervan is dat jy deesdae YouTube-sterre kry, soos Suzelle DIY of Jonathan van Radio Raps, wat met Whatsapp voice notes begin het. Dit is interessant hoe tegnologie jou in staat stel om ʼn gehoor op te bou en voor mense te wees, wat voorheen net beskore was vir diegene wat voor ʼn kamera op TV kon wees. Dis nou net só maklik.

Ek  dink ook spesifiek aan dinge wat ongewoon is en ʼn sektor wat vir my ongewoon is, is die hele finansiële sektor. Ek voel daar is groot veranderinge wat daar gaan gebeur, soos die Ubers en die Airbnb’s wat sektore heeltemal verander het met tegnologie. Die hele finansiële sektor is reg vir ʼn vernuwing en ek dink iemand gaan vorendag kom met iets wat die geldverhandelingsisteem bietjie gaan verander.

  • Die volledige onderhoud waar Dewald Pelser sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.