[Foto’s] Bekendstelling: Dié Range Rover is mos luuks

Die Range Rover Velar (Foto: Range Rover)

Die feit dat dit met party mense baie goed gaan, is gewoonlik ʼn bitter pil om te sluk vir party Suid-Afrikaners. Ons hou nie daarvan as die son bietjie op iemand anders skyn nie. Ek moet myself gereeld knyp om seker te maak dat ek nie droom nie. Ek word toegelaat om van tyd tot tyd die weeldejas aan te trek, en te leef asof ek baie meer nulle in my bankrekening het.

Ek glo dat die Range Rover een van dié mees volmaakte karre in die wêreld is. Daar is min wat sulke weelde en vermoë kan bied. Range Rover het die resep vir die luukse veldryvoertuig geskryf. Land Rover as handelsmerk is aan die voorpunt van die suksesmars. Die Range Rover Sport, Evoque en nou die Velar is bewys daarvan.

Die splinternuwe Velar word tussen die Evoque en die Sport geplaas. Dit het ʼn heeltemal nuwe ontwerp. Die ontwerpers en ingenieurs is aangesê om reduksionisme toe te pas. Perfeksie is nie bereik as niks bygevoeg kan word nie – maar eerder as daar niks is om te verwyder nie. Dit is die beginsels waarby Land Rover gehou het met die Velar. Die resultaat? Asemrowend.

Die Range Rover Velar (Foto: Range Rover)

Daar is geen foefies in die kajuit nie. Die instrumente word op ʼn hoëdefinisieskerm uitgebeeld. Bo-aan die paneelbord is daar nog ʼn hoëdefinisieskerm waarop van die funksies gestel kan word. Onder, voor die ratskakelaar, is daar ʼn derde skerm wat ʼn paar ander funksies kontroleer. Mens kan op die instrumentepaneel verskillende opsies kies, of twee gewone meters, spoed en toere – of een, met navigasie aan die regterkant en ander inligting links. Ná ʼn paar minute se gevroetel is alles nes jy dit wil hê. Die hoofinligtingstelsel kan ʼn simkaart neem, dan bied die stelsel vir jou nuus, weer, verkeersinligting en ʼn magdom ander funksies. Baie slim.

Daar is ses enjins beskikbaar. D is vir diesel, P vir petrol. Die syfer wat daarop volg, is hoeveel perde onder die kap skuil. D180, D240, D300, P250, P300 en P380. Daar is ʼn magdom spesifikasievlakke vir elke enjin, intreemodel, S, SE, HSE, R-Dynamic, R-Dynamic S, SE, HSE en uiteindelik First Edition. Wat Range Rover met dié Velar wil bereik, is dat klante enige opsie kan kies en keur nes hulle wil. Kies jou enjin, spesifikasievlak, kleur, bekleedsel – mens kan regtig jou verbeelding laat weghardloop – solank jou beursie groot genoeg is. Land Rover Suid-Afrika sal stapelmodelle in voorraad hou, maar indien jy jou eie pasklaar Velar wil bestel, kyk mens na vier tot ses maande vir aflewering. Billik vir ʼn pasgemaakte motor.

Die Range Rover Velar (Foto: Range Rover)

Op die pad is die Velar uiters gemaklik en luuks. Die kajuit is stil en isoleer jou van die elemente. Die D300 en P380 se verrigting is skrikwekkend, op teer en grond. Die Velar is in die Wes-Kaap bekendgestel op ʼn heerlike mistroostige, nat dag. Die Velar durf grondpaaie aan asof dit teer is. Indrukwekkend stabiel en standvastig. Die P380 het in ʼn stadium 14 ℓ/100 km gewys. Nie lig nie, maar ook nie skrikwekkend vir dié verrigting in só ʼn voertuig nie. Die D300 is my keuse. Dit bied ʼn reusagtige 700 Nm wringkrag en 221 kW. Met 7.8 ℓ/100 km op die bekendstellingsroete is dié enjin se veelsydigheid onmiskenbaar.

Indien mens nog nie ʼn luukse motor bestuur het nie, sal mens dit nie verstaan nie. Bewys jouself ʼn guns. Gaan toetsbestuur ʼn Velar. Ek hoop in my hart van harte dat jy een kan bekostig, want dit is ʼn lieflike ryding en ek wens meer mense kon die voorreg hê om dit te ervaar.

Die reeks lyk só:

ModelPrys
Range Rover Velar 2.0 D 132kW D180R947 700
Range Rover Velar 2.0 D 132kW D180 SR1 028 600
Range Rover Velar 2.0 D 132kW D180 SER1 077 900
Range Rover Velar 2.0 D 132kW D180 HSER1 172 400
Range Rover Velar 2.0 D 132kW D180 R-DYNAMICR980 500
Range Rover Velar 2.0 D 132kW D180 R-DYNAMIC SR1 061 300
Range Rover Velar 2.0 D 132kW D180 R-DYNAMIC SER1 110 600
Range Rover Velar 2.0 D 132kW D180 R-DYNAMIC HSER1 205 200
Range Rover Velar 2.0 D 177kW D240R1 010 400
Range Rover Velar 2.0 D 177kW D240 SR1 091 300
Range Rover Velar 2.0 D 177kW D240 SER1 140 600
Range Rover Velar 2.0 D 177kW D240 HSER1 235 100
Range Rover Velar 2.0 D 177kW D240 R-DYNAMICR1 043 200
Range Rover Velar 2.0 D 177kW D240 R-DYNAMIC SR1 124 000
Range Rover Velar 2.0 D 177kW D240 R-DYNAMIC SER1 173 300
Range Rover Velar 2.0 D 177kW D240 R-DYNAMIC HSER1 267 900
Range Rover Velar 3.0 D 221kW D300R1 089 000
Range Rover Velar 3.0 D 221kW D300 SR1 169 800
Range Rover Velar 3.0 D 221kW D300 SER1 219 100
Range Rover Velar 3.0 D 221kW D300 HSER1 313 700
Range Rover Velar 3.0 D 221kW D300 R-DYNAMICR1 121 800
Range Rover Velar 3.0 D 221kW D300 R-DYNAMIC SR1 202 600
Range Rover Velar 3.0 D 221kW D300 R-DYNAMIC SER1 251 900
Range Rover Velar 3.0 D 221kW D300 R-DYNAMIC HSER1 346 400
Range Rover Velar 3.0 D 221kW D300 First EditionR1 529 300
Range Rover Velar 2.0 P 184kW P250R947 700
Range Rover Velar 2.0 P 184kW P250 SR1 028 600
Range Rover Velar 2.0 P 184kW P250 SER1 077 900
Range Rover Velar 2.0 P 184kW P250 HSER1 172 400
Range Rover Velar 2.0 P 184kW P250 R-DYNAMICR980 500
Range Rover Velar 2.0 P 184kW P250 R-DYNAMIC SR1 061 300
Range Rover Velar 2.0 P 184kW P250 R-DYNAMIC SER1 110 600
Range Rover Velar 2.0 P 184kW P250 R-DYNAMIC HSER1 205 200
Range Rover Velar 2.0 P 221kW P300R1 000 000
Range Rover Velar 2.0 P 221kW P300 SR1 080 800
Range Rover Velar 2.0 P 221kW P300 SER1 130 100
Range Rover Velar 2.0 P 221kW P300 HSER1 224 600
Range Rover Velar 2.0 P 221kW P300 R-DYNAMICR1 032 700
Range Rover Velar 2.0 P 221kW P300 R-DYNAMIC SR1 113 600
Range Rover Velar 2.0 P 221kW P300 R-DYNAMIC SER1 162 900
Range Rover Velar 2.0 P 221kW P300 R-DYNAMIC HSER1 257 400
Range Rover Velar 3.0 P 280kW P380R1 099 400
Range Rover Velar 3.0 P 280kW P380 SR1 180 300
Range Rover Velar 3.0 P 280kW P380 SER1 229 600
Range Rover Velar 3.0 P 280kW P380 HSER1 324 100
Range Rover Velar 3.0 P 280kW P380 R-DYNAMICR1 132 200
Range Rover Velar 3.0 P 280kW P380 R-DYNAMIC SR1 213 100
Range Rover Velar 3.0 P 280kW P380 R-DYNAMIC SER1 262 400
Range Rover Velar 3.0 P 280kW P380 R-DYNAMIC HSER1 356 900
Range Rover Velar 3.0 P 280kW P380 First EditionR1 539 800

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sjn ·

Over price, sal hom moet ry tot dit uitmekaar val, swak tweedehandse waarde. Kan 2 betroubare soortgelyke nuwe voertuie van beter gehalte vir die prys kry.

Kiepie ·

“2 Soortgelyke voertuie VAN BETER GEHALTE vir dieselfde prys” sê jy sjn? Dan het jy eerstens nie die berig mooi gelees nie (“mees volmaakte kar in die wêreld”) en jy het tweedens nog nie die Velar ervaar nie. Of miskien is dit na jou waarna daar in die eerste paragraaf verwys word.

Herman ·

sjn jy is ‘n regte ou grapjas.

Die dae van onbetroubare Land Rovers is lank reeds verby. Gaan Google bietjie water fabrikaat moes die meeste voertuie die laaste paar jaar herroep a.g.v. probleme. Kyk sommer terselfde tyd watter voertuig het sy waarde die beste gehandhaaf. Jy mag dalk net verbaas wees.

Waghond ·

Motorpryse is oor die algemeen belaglik. Al die elektronika en ander fieterjasies kos net geld, is onnodig, onbetroubaar en neem die lekkerte van motorry weg.
Wat LR betref, is die betroubaarheid, dienste en onderhoud van hul voertuie oor die algemeen swak en duur.
Die RR is egter ‘n mooi voeruig van binne en buite met puik engines.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.