[Foto’s] Die ‘oorspronklike sportmotor’ op ʼn veiling verkoop

Vauxhall Prince Henry Sports Torpedo 1914 Foto: Bonhams-afslaers

Vauxhall Prince Henry Sports Torpedo 1914 Foto: Bonhams-afslaers

ʼn 102 jaar oue Vauxhall, wat beskou word as die wêreld se oorspronklike sportmotor, is vandeesweek op ʼn Bonhams-veiling in Londen verkoop.

Die seldsame Vauxhall Prince Henry Sports Torpedo is vir £516 000 (byna R8,8 miljoen) verkoop.

Die motor kon ʼn topspoed van byna 130 km/h haal toe dit in 1914 die fabriek verlaat het en het skof in sy mededingers se oë geskop wat spoed en skoonheid betref.

Daar is slegs sewe van dié modelle oor in die wêreld, aldus Rob Hubbard, senior motorspesialis by Bonhams.

Lees meer: Bonhams-afslaers, CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.